Landbouweekblad

LEIERBOER SE OUERS AANGEVAL

- — CHARL VAN ROOYEN en ALANI JANEKE

“ONS sal hulle soek tot ons hulle kry. Daar was nog nie een plaasaanva­l in dié gebied waar ons nie die aanvallers gekry het nie.”

Só sê mnr. BP Greyling, ’n vooraansta­ande boer van Wakkerstro­om, oor die aanval op sy ouers, mnr. Kerneels Greyling (87) en sy vrou, Stienie (84).

Die egpaar en hul kleinseun mnr. Hans Greyling (21) is op Sondagaand 15 Julie op die plaas Bovenvalle­i in die distrik Wakkerstro­om aangeval. Meer as twee verdagtes word tans deur die polisie en lede van die plaaslike veiligheid­stelsel gesoek.

Al drie is ongedeerd. “Hulle is oukei, maar hulle is getraumati­seer. Hulle het nog altyd in vrede met almal gelewe,” sê BP. “My pa maak darem al weer grappe.”

BP, wat in 2011 Landbouskr­ywers se Boer van die Jaar was, sê in die afgelope 30 jaar het sewe plaasaanva­lle in die omgewing voorgekom, waartydens vier moorde gepleeg is.

SPOOR GEVOLG

Die rowers, vermom met klapmusse, het die aand met vuurwapens by hul huis ingestorm, die egpaar en Hans vasgebind, en is kort daarna weg met al die vuurwapens, ammunisie, kontant en juweliersw­are wat hulle in die hande kon kry.

’n Buurman het BP van die aanval verwittig en hy is inderhaas daarheen om hulp te verleen. Mnr. Curt Paul, ’n boer van Panbult in Mpumalanga, het kort daarna twee verdagtes net 35 km van Bovenvalle­i in ’n Toyota Fortuner by Driefontei­n tussen Wakkerstro­om en Dirkiesdor­p van die pad laat aftrek. Die insittende­s het egter te voet gevlug.

Hy het alarm gemaak en die polisie het die spoor met ’n snuffelhon­d gevolg. ’n Pistool en ’n pakkie ammunisie is daar naby opgespoor, maar daar was geen teken van die verdagtes en hul ander buit nie.

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Mnre. Kerneels (links) en BP Greyling tydens ’n besoek van Landbouwee­kblad verlede jaar.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Mnre. Kerneels (links) en BP Greyling tydens ’n besoek van Landbouwee­kblad verlede jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa