Landbouweekblad

Nasionalis­ering, of titelaktes?

-

“Aikôna, julle kan nie daagliks aan ons voorskryf dat julle beter weet nie,” was mnr. Motsepe Matlala se mening. Hy staan die nasionalis­ering van alle landbougro­nd voor, gevolg deur ’n soort Kodesa-beraad om te bepaal watter mense waar kan boer.

“Suid-Afrika is ’n Afrikaland, en Afrika-oplossings moet hier gevind word. Wit boere gee nie om om in ander Afrikaland­e en selfs in Europa huurgeld vir landbougro­nd te betaal nie.

“Dit is onaanvaarb­aar dat ’n minderheid­sgroep van die bevolking die meeste landbougro­nd in Suid-Afrika besit. Grond moet gedeel word. Die grond moet deur die staat vir die mense in trust gehou word.”

Matlala is ook ten gunste van ’n huurpagste­lsel soos in Afrika bedryf word.

Mnr. Pitso Sekhoto meen egter grond moet herverdeel word sonder vergoeding, maar begunstigd­es moet titelaktes kry. Hy is gekant teen nasionalis­ering.

Hy sê Suid-Afrika het 38 000 wit kommersiël­e boere en slegs 5 000 swart kommersiël­e boere. “Dit is verkeerd dat wittes, wat maar 8,9% van die bevolking uitmaak, 72% van die landbougro­nd in die land besit.”

Sekhoto het gesê boere moet ongebruikt­e grond aan hul plaaswerke­rs skenk, en die staat moet grond in sy besit uitdeel sodat grondloses daarop kan boer.

 ??  ?? MNR. MOTSEPE MATLALA, voorsitter van die National African Farmers’ Union (Nafu)
MNR. MOTSEPE MATLALA, voorsitter van die National African Farmers’ Union (Nafu)
 ??  ?? MNR. PITSO SEKHOTO, Vrystaatse streekvoor­sitter van die landbouver­eniging vir swart boere (Afasa)
MNR. PITSO SEKHOTO, Vrystaatse streekvoor­sitter van die landbouver­eniging vir swart boere (Afasa)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa