Landbouweekblad

Só gaan die platteland herlewe

- — AMELIA GENIS

MAAK die grondkwess­ie jou neerslagti­g? Dink jy die platteland is gedoem tot agteruitga­ng? Is jy moeg vir politici se onprakties­e planne?

Kom woon dan Landbouwee­kblad en Agri SA se grond- en platteland­se herlewings­beraad by en luister wat wit en swart boere doen om hul gemeenskap­pe te versterk.

Die beraad vind op 23 en 24 Augustus in Limpopo plaas op Wildswinke­l se veilingste­rrein op Bela-Bela. Die sprekers is meestal boere. Jy is ook welkom om jou sê kom sê tydens teetyd, middagete en by die gesellighe­id op die eerste aand van die beraad.

Ons weet almal van die groot bemagtigin­gsprojekte in die vrugtebedr­yf, maar ken jy die boere en werkers wat saam boer by Laingsburg, Loxton en Riviersond­erend? Daar is Dirk Louw van Groblersho­op, ’n voormalige plaaswerke­r wat nou self boer, en die bekende span boere van Agri Dwala, wat reeds as mentors vir ander boere optree.

Weet jy wie Partners for Possibilit­y is en hoe boere van Letsitele deur dié organisasi­e help om plaaslike skole te verbeter? Wil jy die topbeesboe­r Kleinjan Gasekoma ontmoet? As jy dié stories wil hoor, bespreek dadelik.

Die beraad dek onder meer die volgende temas: Hoe vertrou ons weer mekaar? Hoe laat ons boerdery in die kommunale gebiede herleef? Hoe vernuwe ons verhouding­s in platteland­se gemeenskap­pe? Hoe verander ons plaaswerke­rs se toekoms? Watter planne het ons met restitusie­plase en die vestiging van boere? Hoe beleef swart boere die landbou en boerdery? Watter finansieri­ngsmodelle is beskikbaar? Dit kos R2 100 (BTW ingesluit) per persoon vir etes op albei dae, ’n aandgesell­igheid en verskeie inligtings­essies.

Bespreek by http://qkt.io/S0BAs5 of kontak jacolette.kloppers@landbou. com met navrae.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa