Landbouweekblad

Vakbonde kry opleiding in Skandinawi­ese veldtog

- — JOHAN VAN DER MERWE

’N REEKS werksessie­s om verteenwoo­rdigers van die vernaamste vakbonde in die landbou, onder meer die Food and Allied Workers’ Union (Fawu), die Agricultur­al, Food, Fishing and Retail Industry Workers Union (Afriwu) en die United Workers Front, op te lei, het op 13 Julie op Wellington in die Wes-Kaap begin.

Die sessies is op versoek van die Skandinawi­ese wyn-monopolie begin. Dit is daarop gemik om vakbondlei­ers te help om die aard en vereistes van monitering­stelsels, asook die voordeel wat plaaswerke­rs uit sulke stelsels kan kry, beter te help verstaan, sê me. Marthane Swart van die konsultant­e-agentskap Kruger, Swart en Vennote.

Sy lei die werksessie­s saam met mnr. Mzukisi Mooi van die sentrum vir landelike regstudies.

“Die sessies is ’n bewusmakin­gsveldtog, asook om dialoog met Suid-Afrikaanse vakbonde moontlik te maak. Ons wil ver- seker dat vakbonde (leiers en verteenwoo­rdigers) opbouend deelneem aan die proses om maatskapli­ke standaarde en sertifiser­ing- en monitering­stelsels by die verantwoor­delikhede van landbou-ondernemin­gs in te sluit,” sê Swart.

VIND OPLOSSINGS

Die eerste werksessie het volgens Swart goed verloop. “Die deelnemers het op ’n samewerken­de manier hulself toegespits om oplossings vir haakplekke in die bedryf te vind,” sê Swart.

Volgens me. Linda Lipparoni, hoof- uitvoerend­e direkteur van Wieta (die wynbedryf se vereni- ging vir etiese handel), sluit dié werksessie­s aan by die sessies wat deur Wieta, die Britse Stronger Together-inisiatief en ander organisasi­es reeds aan produsente aangebied word. Dit sal in die afsienbare toekoms voortduur.

Lipparoni is versigtig optimistie­s oor die benadering om vakbonde te betrek en meen dat dit ’n opbouende bydrae tot die bedryf kan lewer. “Indien die inligting wat oorgedra is, reg binne die vakbonde aangewend word en gebruik word om wel die beoogde oplossing-gedrewe dialoogpla­tform te stig, is dit ’n goeie stap,” sê Lipparoni.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa