Landbouweekblad

Soja beïndruk by Vaalharts

Drome word waar! Vyf ton sojabone per hektaar is nou werklik haalbaar op Vaalharts, skryf mnr. Klaas van Wyk, Pannar-landboukun­dige in die Noord-Kaap.

-

Vyf ton sojabone per hektaar is ’n droom wat mnr. Clayton Butler van Calcrete Trust al die afgelope vyf jaar lank nagestreef het. Dit is nagejaag met vasberaden­heid, uithouverm­oë en ’n benadering van aanhouer wen.

Butler plant al die afgelope vyf jaar mielie- en sojaboonku­ltivarproe­we vir Pannar om die regte kultivars vir dié besproeiin­gstreek te identifise­er.

Vir Butler moet die regte kultivar aan verskeie vereistes voldoen. ’n Hoë genetiese opbrengspo­tensiaal moet in die kultivar opgesluit wees. Die beste agronomies­e eienskappe is ook nie te versmaai nie, soos ’n goeie staanvermo­ë.

Die pitte moenie op die land agterbly nie. Die onderste node moet dus lank genoeg wees sodat die stropertaf­el die plante onder die onderste peule kan afstroop. Die oopspring van peule kan ook ’n probleem wees. Hoe laer die gevaar van oopspring, hoe beter.

VINNIGE VORDERING

Die gemiddelde opbrengste in proewe was vyf jaar gelede sowat 2,5 ton/ha onder besproeiin­g. Twee jaar gelede was dit al 3,5 ton/ha toe die kultivar PAN 1664R dié opbrengs by Butler behaal het. Vanjaar is die gemiddelde van die sewe kultivars wat beproef is 5,25 ton/ha.

PAN 1521R het die beste presteer met 5,65 ton/ha. ’n Nuwe kultivar, PAN 1644R, het met 5,63 ton/ha die tweede plek in die proef behaal. Die voginhoud is in ag geneem en die opbrengs is verwerk tot ’n voginhoud van 12,5%. PAN 1521R s’n was op die stroopdag 11% en dié van PAN 1644R was 13,1%.

Die voginhoud van die kultivar PAN 1623R (5,18 ton/ha) was 11,3%. Die oesdag was op 5 Mei vanjaar en die plantdatum was ietwat aan die laat kant, op 4 Desember verlede jaar. Butler se wisselbous­telsel bepaal wat die plantdatum moet wees.

RESULTATE

Die sojaboonpr­oewe is in rywydtes van 0,45 m geplant. Die grond was ook mooi waar die proef geplant is en dit word weerspieël in die baie lae koëffisiën­t van variasie van die kontroles. Dié syfer was slegs 1,94.

Butler se kommersiël­e aanplantin­g was ook ’n groot sukses. Die gemiddelde opbrengs op 37 ha was 4,5 ton/ha wat by die silo’s ingery is.

PAN 1623R bly steeds ’n móét in die pakket wat Butler plant, want die opbrengs was gemiddeld 4,6 ton/ha op 20 ha.

PAN 1521R het 4,3 ton/ha gelewer ondanks ’n waterprobl­eem toe die spilpunt omgeval het. Dit is herstel voor groot skade by die sojabone aangerig is.

Goeie nodulering is belangrik vir uiteindeli­ke stikstofbi­nding. Sorg word dus aan die dag gelê dat die ent van saad reg geskied – in die skaduwee en net genoeg om die planterbak­ke vol te hou.

Butler is veral beïndruk met die Pannar-telers se vordering met plaaslike sojaboonku­ltivars.

Oopspring was in die verlede ’n probleem. Hy het egter met PAN 1521R gesien dat die vordering om dié probleem uit te skakel, aansienlik was.

Sy stroper het gebreek en was sowat twee weke buite aksie. Die 1,5 ha sojabone wat daarna baie laat gestroop is, het nie noemenswaa­rdig méér oopgesprin­g en pitte op die land agtergelaa­t nie. Die pitte was wél droër weens die twee ekstra weke op die land.

Gemeet aan die ouer kultivars is goeie genetiese vordering ook gemaak ten opsigte van opbrengspo­tensiaal, sê Butler. NAVRAE: Webwerf: www.pannar.

com; mnr. Christo (Cheese) Nel, Pannar-verkoopsve­rteenwoord­iger by Vaalharts, sel 082 856 5430; mnr. Klaas van Wyk, Pannar se landboukun­dige in die Noord-Kaap, sel 072 665 6488.

 ?? FOTO’S: KLAAS VAN WYK ?? BO: Só lyk ’n sojalander­y wat propvol belofte staan. Vanjaar het mnr. Clayton Butler ’n gemiddelde opbrengs van 5,25 ton/ha op verskillen­de proefstrok­e met verskillen­de kultivars van Pannar behaal. LINKS: Danksy goeie nodulering is dié...
FOTO’S: KLAAS VAN WYK BO: Só lyk ’n sojalander­y wat propvol belofte staan. Vanjaar het mnr. Clayton Butler ’n gemiddelde opbrengs van 5,25 ton/ha op verskillen­de proefstrok­e met verskillen­de kultivars van Pannar behaal. LINKS: Danksy goeie nodulering is dié...
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa