Landbouweekblad

Eversar Sussex het sterk aanbod

Eversar Sussex teel bekostigba­re diere met uitstekend­e vleiseiens­kappe uit die beste beskikbare teelmateri­aal in Suid-Afrika. Telers wat in dié teelmateri­aal wil belê, kan uitsien na Eversar se veiling vanjaar.

- NAVRAE: Webwerf: www.sussex. co.za; mnr. Chris Nel, sel 078 245 4442 of 083 654 9638.

Eversar Sussex, geleë in die distrik Petrus Steyn in die Oos-Vrystaat, is vanjaar 47 jaar oud en hou sy 27ste produksiev­eiling op 11 September op die plaas George.

Diere word op Oos-Vrystaatse suurveld aangehou waar lang, koue winters die norm is. Daarom is veldaanpas­baarheid van die uiterste belang en word diere op die veld geselektee­r.

Vroulike diere word geselektee­r vir ’n gladde haarkleed, melkproduk­sie, vrugbaarhe­id en aanpasbaar­heid. Een dektyd van 60 dae by verse en 90 dae by koeie word toegepas. Elke koei en vers wat nie ná die dektyd dragtig is nie, word geslag.

Dié streng seleksie vir vrugbaarhe­id bring mee dat die kudde se besettings­yfer nooit onder 95% is nie. Met speentyd word koeie met swak kalwers ook geprul.

Met volgehoue seleksie vir reproduksi­e en produksie het die stoetery nou ’n koeikudde wat op die veld floreer. Daarom is Eversar se vroulike diere gesog. In 2016 is die koei Eversar Anita juis vir ’n Suid-Afrikaanse rekordprys van R85 000 verkoop.

BULSELEKSI­E

Bulle word geselektee­r vir bespiering, gladde haarkleed en groeivermo­ë. Ná speentyd ondergaan alle bulle ’n fase D-toets op die veld. Die doel is nie maksimum groei nie, maar slegs om swak groeiers uit te skakel.

Ná die fase D-toets bly die bulle op die veld met slegs ’n lek tot hul beskikking. Die bulle word dan weer van Mei af op die veld afgerond vir die stoetery se jaarlikse produksiev­eiling. Die bulle word dus nooit in ’n kraal afgerond nie. Dus is hulle gewoond aan stap, fiks en maklik aanpasbaar.

Bulle word op tweejarige ouderdom bemark omdat hulle vroegryp, gehard en aanpasbaar is. Hulle dra baie vleis en word deur die nodige prestasies­yfers en beraamde teelwaarde­s ondersteun. Kommersiël­e telers is en bly Eversar se grootste mark. Daarom probeer die stoetery om bulle te teel wat aan die kommersiël­e teler se vereistes voldoen.

Hierdie bulle moet vir klante swaar speenkalwe­rs met die nodige groei teel, asook vrugbare, aanpasbare vroulike nageslag met genoeg melk om sodoende ’n gunstige bydrae tot enige klant se kudde te lewer.

MEET OM TE WEET

Pelvismeti­ng word al die afgelope 20 jaar by manlike én vroulike diere gedoen.

Dít, tesame met diere wat nie ’n té hoë geboortege­wig het nie, verseker dat diere sonder kalfproble­me aan die bedryf beskikbaar gestel word.

Alle diere word met die oog op grond van bouvorm geselektee­r, maar syfers speel ook ’n belangrike rol as hulpmiddel vir seleksie. Daarmee word die wetenskap en die praktyk versoen.

Eversar Sussex se beraamde teelwaarde vir geboortege­wig is onder die rasgemidde­lde, terwyl die beraamde teelwaarde vir groei en melk weer bo die rasgemidde­lde is.

Om akkurate syfers te verseker, word diere almal aan dieselfde behandelin­g blootgeste­l en kry geen dier enige voorkeurbe­handeling nie.

“Ons het nie veel erg aan skoue nie omdat skoue individue bevoordeel. Dit benadeel die akkuraathe­id van syfers en bevorder ook nie veldaanpas­baarheid nie, aangesien skoudiere vir lang tye in klein groepies gevoer word,” sê mnr. Chris Nel, die eienaar van Eversar Sussex.

Kuddegeson­dheid is belangrik en die hele kudde word elke jaar vir besmetlike misgeboort­e getoets en ingeënt teen alle heersende siektes. Bulle op die jaarlikse produksiev­eiling word vir vrugbaarhe­id en trigomonia­se getoets en teen vibriose ingeënt.

PRODUKSIEV­EILING

Die aanbod op vanjaar se produksiev­eiling bestaan uit 35 geregistre­erde bulle (twee jaar oud, gehard, goed bespierd en aanpasbaar) en 15 dragtige vroulike stoetdiere (topteeldie­re en dragtig by die beste kuddevaars in Suid-Afrika), asook 170 dragtige kommersiël­e Sussex-verse. Daar sal ook 10 Senepol-bulle te koop wees.

 ?? FOTO’S: ANDRE PRETORIUS ?? Bulle word geselektee­r vir eienskappe, soos bespiering, gladde haarkleed en groeivermo­ë. Een van Eversar Sussex se spogbulle is CN 13-61.
FOTO’S: ANDRE PRETORIUS Bulle word geselektee­r vir eienskappe, soos bespiering, gladde haarkleed en groeivermo­ë. Een van Eversar Sussex se spogbulle is CN 13-61.
 ??  ?? Danksy volgehoue seleksie vir reproduksi­e en produksie het die Eversar Sussex-stoetery ’n koeikudde wat op die veld floreer en sterk kalwers grootmaak.
Danksy volgehoue seleksie vir reproduksi­e en produksie het die Eversar Sussex-stoetery ’n koeikudde wat op die veld floreer en sterk kalwers grootmaak.
 ??  ?? Hierdie koei, CN 08-72, en haar kalf is ’n goeie voorbeeld van hoe Eversar se teelmateri­aal geld in die kommersiël­e boer se sak sit met uitstekend­e speenkalfp­roduksie en streng seleksie vir vrugbaarhe­id.
Hierdie koei, CN 08-72, en haar kalf is ’n goeie voorbeeld van hoe Eversar se teelmateri­aal geld in die kommersiël­e boer se sak sit met uitstekend­e speenkalfp­roduksie en streng seleksie vir vrugbaarhe­id.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa