Landbouweekblad

Die vervoer van wild oor lang afstande en rantsoenve­randeringe het ’n blywende uitwerking op diere se spysverter­ingskanaal. Regstellen­de optrede is wel moontlik. Beskerm mikrobes só

- tel.

Vervoerstr­es, voedingstr­es of die gebrek aan die regte voedingsto­wwe kan veroorsaak dat ’n groot aantal mikrobes in diere se spysverter­ingskanaal afsterf. ’n Drastiese afname in voordelige mikrobes lei tot minder beskikbare “werkers” wat voer kan afbreek en verteer, en dit dus vir die dier opneembaar maak. In akute gevalle gaan die dier se kondisie merkbaar agteruit, en in uiterste gevalle kan dit tot vrektes lei.

In die verlede het boere vars beesmis van diere in die omgewing gevoer aan diere wat na ’n nuwe gebied verskuif is. Wanneer diere geslag word, versamel boere ook ruminale vloeistof, wat oraal gedoseer is.

Moderne tegnologie het die proses verfyn en probiotika is ontwikkel. Dit verskaf diere ’n breë spektrum spesifieke mikrobes waar tekorte ontstaan weens stres. Dit kan ook gebeur waar jong diere hans grootgemaa­k word en nie noodwendig noodsaakli­ke mikrobes vir ruminale ontwikkeli­ng, die afbreek van voer en vertering op ’n natuurlike wyse inneem nie.

PROBIOTIES­E OPLOSSING

Biosin is ’n probiotika wat uit 33 verskillen­de mikrobiese stamme bestaan. Dit gaan deur verskeie prosesse om ’n meer stresweers­tandige mikrobebev­olking te verseker wat in die spysverter­ingskanaal vermeerder om voedsel vir vertering af te breek.

Biosin is ’n geregistre­erde probiotika ingevolge Wet 36 van 1947 (reg.no. G1114). Dit bevat dieselfde reeks melksuurba­k terieë as Biorem, maar in vloeibare vorm.

Die stamme van melksuurba­kterieë in Biosin is spesifiek geselektee­r vir sterk groeivermo­ë, met ’n goeie antagonist­iese werking teen patogene organismes. Dit het ook goeie weerstand teen sekere toestande wat gewoonlik die verminderi­ng van die konsentras­ie voordelige bakterieë in die spysverter­ingstelsel tot gevolg het. BRON: Craig Shepstone (BSc.Agric. Veekunde Pri.Sci.Nat. 400012/10), sel 083 305 1380. NAVRAE: Webwerf: www.biorem. co.za; e-pos: info@biorem.co.za; 0861 246 736.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Faktore wat aanleiding tot stres kan gee, soos die verskuiwin­g van diere of ’n veranderin­g in rantsoen, kan ’n blywende impak op wild se gesondheid hê.
FOTO: LIZA BOHLMANN Faktore wat aanleiding tot stres kan gee, soos die verskuiwin­g van diere of ’n veranderin­g in rantsoen, kan ’n blywende impak op wild se gesondheid hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa