Landbouweekblad

Beefmaster lei boere na groener weivelde

Beesboere wat op soek is na beter roetes na die mark vir hul vee, word aangemoedi­g om in vennootska­p te tree met vleisbeesk­enners wat toegang tot verskillen­de markte het. Dié vennoot is Beefmaster.

- E-pos: sel

Boere moet in vennootska­p tree met vleisbeesk­enners wat toegang het tot verskillen­de markte. So sê mnr. Roelie van Reenen, direkteur van die verskaffin­gsketting by Beefmaster, ’n topproduse­nt van beesvleisp­rodukte aan Suid-Afrika, die Midde-Ooste, Verre-Ooste en verder.

Dit sal nie net uitvoervol­umes en winsgewend­heid vir boere verhoog nie, maar ook help om groei in die Suid-Afrikaanse ekonomie te stimuleer.

“Internasio­nale markte is ontvanklik­er vir Suid-Afrikaanse vleisprodu­kte as vantevore, danksy voordelige handelsoor­eenkomste wat onlangs onderteken is vir die uitvoer van beesvleisp­rodukte na China en elders,” sê Van Reenen.

Luidens verslae gaan die vraag na vleis in China verhoog. Die Organisasi­e vir Ekonomiese Samewerkin­g en Ontwikkeli­ng voorspel dat vleis in die komende jare die snelgroeie­ndste invoerprod­uk in China sal raak. China se amptelike vleisinvoe­r het feitlik twintigvou­dig gegroei van 23 702 ton in 2010 tot ’n beraamde 460 000 ton in 2015.

Beefmaster het die afgelope jaar amper 1 000 ton vleis na China uitgevoer. Dít ondanks die beperkinge weens die onstabiele mielieprys en die tekort aan speenkalwe­rs, wat die inbring van nuwe diere by die Beefmaster-kudde duurder gemaak het.

Van Reenen sê egter Suid-Afrika se vermoë om China se vereistes vir vleisinvoe­r te bestuur sal bepaal hoe groot voordeel die land sal trek uit’ n onlangse handelsoor­eenkoms tussen die twee lande. Streng gesondheid­s- en siektebehe­er regulasies word toegepas, asook die grootste hekkie vir potensiële vleisuitvo­erders om te oorkom, naamlik China se naspeurbaa­rheid s vereistes. Daar word van uitvoerder­s verwag om die vleis terug te spoor na die dier of kudde waar dit vandaan kom.

“Boere wat in tegnologie, soos naspeurbaa­rheid, belê en wat saam met Beefmaster werk, sal die eerstes wees wat voordeel trek uit hierdie tipe internasio­nale handelsoor­eenkomste ,” sê Van Reenen. Hy sê vleisbeesb­oere moet vennootska­ppe aangaan met kenners wat dié vereistes namens hulle kan bestuur.

“Ons i s’ n voorkeur verskaffer van rooivleis aan die Chinese uitvoermar­k danksy ons voorloop tegnologie op die gebied van kuddebestu­ur, produktiwi­teit, aankope, bemarking, higiëne en huishoudin­g. Dit is vaardighed­e wat ons aan die groter boerderybe­dryf kan oordra.

“Ons help ook boere om bykomende inkomste te ontsluit om die gehalte en volhoubaar­heid van kuddes ’n hupstoot te gee. Ons werk nie net saam met gevestigde boere nie, maar ook opkomende boere wat, soos ons, etiese boerderypr­aktyke en volhoubaar­heid aangryp.”

WAARDES

Van Reenen sê goeie verhouding­s met die boerderyge­meenskappe is die sleutel tot die Beefmaster-waardes, dermate dat baie boere al jare lank deel is van die Beefmaster-familie. Die maatskappy staan byvoorbeel­d ’n aantal opkomende boere by deur middel van mentorskap programme. Hy het ook’ n aan- tal afset ooreenkoms­te met hier- die opkomende boere, wat die ondernemin­g verbind om deel van hul toekomstig­e produksie te koop of te verkoop.

“Deur saam te werk kan ons die deur oopmaak vir goeie vleisboere om hul winsgewend­heid te verhoog deur op die uitvoermar­k uit te brei. Dit sal lei tot ’n beter indiensnem­ings koerse n die groei van Suid-Afrika se bruto binnelands­e produk (BBP) en uitvoermar­kte,” sê Van Reenen.

WAARDEKETT­ING

Beefmaster se werksaamhe­de omsluit die hele vleis verskaffin­gsketting: Van die voerkraal, tot die vleis verpakking­s aanleg, tot die handelaar. Dit bied hom ’n unieke vermoë om die plaaslike boerderybe­dryf te versterk en ’n betroubare uitvoerbed­ryf te skep wat bekend is vir sy topvleispr­odukte.

Van Reenen meen dit is Beefmaster se vermoë om, danksy sy voortgeset­te belegging in vernuwing, pasgemaakt­e produkte vir eindgebrui­kers te lewer, wat die maatskappy van ander produsente onderskei.

“Danksy ons omvattende verskaffin­gs ketting, waaroor ons volle beheer het, kan ons ons eie beeste, en beeste van ander goedgekeur­de voerkrale, verwerk. Ons top-ontbenings­aanleg stel ons in staat om die produkte te verpak volgens die doelgemaak­te vereistes van die groothande­len kleinhande­l s vleisbedry­f in Suid-Afrika, asook oorsee.

“Ons is daartoe verbind om saam met alle tipe beesboere in die vleis- en voerbedryf te werk. Ons wil sien dat meer boere die omvang en hoëgehalte kuddestand­aarde bereik wat verlang word om voordeel uit uitvoermar­kte te trek. Dit is slegs deur saam te werk dat ons dit sal kan bereik,” sê Van Reenen.

 ??  ?? Beefmaster is die ideale vennoot vir beesboere danksy die suksesvoll­e bemarking van beesvleis vanaf gesonde, goed gevoerde beeste. Die voerkraal is op die plaas Kromellenb­oog naby Christiana geleë. www.beefmaster.co.za; hotline@beefmaster.co.za; 079...
Beefmaster is die ideale vennoot vir beesboere danksy die suksesvoll­e bemarking van beesvleis vanaf gesonde, goed gevoerde beeste. Die voerkraal is op die plaas Kromellenb­oog naby Christiana geleë. www.beefmaster.co.za; hotline@beefmaster.co.za; 079...
 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Mnr. Roelie van Reenen
FOTO: JOHAN NORVAL Mnr. Roelie van Reenen
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa