Landbouweekblad

Kies korrekte voer vir wild

Diere in die natuur vreet dit waaraan hulle oor millennia heen gewoond geraak het om hul voortbesta­an te verseker. Wanneer jy met wild boer, is dit belangrik om hul natuurlike keuses na te boots.

-

Herbivore in die natuur kies kos wat hul voedingsbe­hoeftes vir instandhou­ding, groei, dragtighei­d, melkproduk­sie en algemene gesondheid ondersteun. Dié kos is gewoonlik gras, die blare van struike en bome (takvoer) en vrugte wat natuurlik in ’n gegewe omgewing voorkom.

Sekere diere, soos witrenoste­rs, verkies slegs gras. Kameelperd­e vreet weer die blare van bome, en ander diere, soos rooibokke en elande, verkies ’n kombinasie van gras en blare. Dan is daar ook diere, soos die blou- en rooiduiker, wat net vrugte verkies.

Vir optimale prestasie sal groter herbivoors­pesies elke dag ’n vol pens moet hê. Die voedingsto­wwe wat nodig is vir onderhoud, groei, dragtighei­d, melkproduk­sie en algemene gesondheid moet daagliks in die kos wees. Met ander woorde die korrekte kombinasie is nodig vir die spesifieke dier vir die bepaalde fisiologie­se toestand waarin hy of sy in daardie stadium is.

Baie selfmengvo­er wat op die plaas gemaak of van ’n meule gekoop word, bevat min of geen inligting oor die doel van die voer. Die boer moet dus vra of die voer self gemeng of gekoop is, ’n aanvulling is, ’n semi- ad lib-voer of ’n volvoer is en of dit geskik is vir die spesifieke spesie of groepe spesies in die kamp of op die plaas.

Indien aanvaar word dat die voer vir die regte spesie geformu- leer is, is dit belangrik dat diere nooit hul pense moet vol vreet met voer wat as ’n aanvulling ontwerp is nie. Voer wat as ’n volvoer ontwerp is, mag weer nooit in klein hoeveelhed­e gegee word nie.

SPESIFIEKE VOEDING

Wanneer diere gevoer word, is dit belangrik om hul pense daagliks vol te maak en in hul voedingsbe­hoeftes te voorsien (proteïene, energie, vitamiene, minerale en spoorminer­ale).

Die totale hoeveelhei­d voer wat ingeneem word of die vermoë van die spysverter­ingskanaal, kan in drie gelyke dele verdeel word (sien die ILLUSTRASI­E ). Dus, die totale droë materiaal inname = 1 + 2 + 3 (sien die TABEL ).

Voedingswa­arde vereistes vir die individuel­e dier of die kudde se voedingsbe­hoeftes( K V B) kan gesien word as die totale droë materiaal inname= totale KVB = 1 + 2 + 3.

Wanneer diere gevoer word, is dit belangrik dat die gemid- delde voedingswa­arde behoefte van die kudde deur middel van aanvulling­s, semi- ad lib-voere of volvoere voorsien word.

Die afsonderli­ke dele (1, 2, 3) sal egter nie gelyk wees aan mekaar nie.

Aanvullend­e voere sal ’n hoër voedingswa­arde konsentras­ie hê vergeleke met semi- ad lib-voere, wat weer ’n hoër konsentras­ie sal hê as volvoere.

 ?? FOTO: LBW-ARGIEF ?? Maak seker die kos wat wild verkies om te eet, is beskikbaar. Witrenoste­rs verkies byvoorbeel­d slegs gras, kameelperd­e eet die blare van bome, en rooibokke en elande verkies gras én blare.
FOTO: LBW-ARGIEF Maak seker die kos wat wild verkies om te eet, is beskikbaar. Witrenoste­rs verkies byvoorbeel­d slegs gras, kameelperd­e eet die blare van bome, en rooibokke en elande verkies gras én blare.
 ??  ?? Dié illustrasi­e dui diere se totale voerinname in derdes aan.
Dié illustrasi­e dui diere se totale voerinname in derdes aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa