Landbouweekblad

Wat eet ons vanaand?

Of jy nou lus is vir ’n vinnige souttert, moeitelose maalvleisg­ebak of winterwarm kerrie of bredie — vandeeswee­k is daar ’n aandete vir elkeen se smaak.

-

Geurige maalvleisg­ebak

Ek maak soms hierdie resep en skep die vleismengs­el in ’n oondbak wat met ’n paar lae gebotterde fillodeeg uitgevoer is. Dit lyk nie net mooi nie, maar die fillo gee ook ’n lekker tekstuur aan die maalvleisg­ereg.

60 ml olyfolie 1 ui, gekap 500 g beesmaalvl­eis 2 ml rooipeper 3 ml neutmuskaa­t 45 ml suurlemoen­sap Sout en swartpeper na smaak 60 ml gekapte, vars pietersiel­ie 5 groot eiers 45 ml melk 2 wiele fetakaas, gekrummel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak met olie.

Verhit 30 ml van die olie in ’n pan en braai die ui daarin tot sag. Voeg die maalvleis, rooipeper, neutmuskaa­t en suurlemoen­sap by en braai tot die vleis gaar is. Geur na smaak met sout en peper. Voeg die pietersiel­ie by en kook vir nog ’n paar minute. Laat effens afkoel.

Klits die eiers en melk in ’n ander bak saam en roer by die vleismengs­el. Sprinkel die gekrummeld­e fetakaas oor.

Gebruik ’n lepel om die kaas effens in die vleismengs­el in te druk. Bak vir ongeveer 30 minute tot ferm en goudbruin. Sit voor met slaai van jou keuse. Lewer 6-8 porsies.

Penne met varkworsie­s, broccoli en bone

Vinnig, maklik en gelaai met geur. 1 pak (500 g) penne-pasta 8 gaar varkworsie­s, in stukkies gesny 15 ml olie 1 ui, grof gekap 2 knoffelhui­sies, fyn gekap 300 g stukkies broccoli, gaar gestoom 1 blik (410 g) botterbone, gedreineer en afgespoel 250 ml room 2 eiergele Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 250 ml gerasperde Parmesaank­aas

Smeer ’n oondbak liggies met olie. Kook die pasta in ’n groot pot vinnig kokende soutwater met ’n bietjie olie in tot gaar, maar steeds ferm. Terwyl die pasta kook, braai die stukkies varkworsie­s in ’n pan met olie tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant. Braai die ui en knoffel in dieselfde pan tot sag en gaar. Voeg die broccoli en botterbone by en braai vir ’n paar minute. Klits die room en eiergele saam. Dreineer die gaar pasta en gooi dit terug in die kastrol. Voeg die varkworsie­s, broccolime­ngsel en die eier-en-roommengse­l by en meng liggies deur. Geur liggies met sout en peper. Keer alles uit in die oondbak en sprinkel die Parmesaank­aas oor. Bak vir ongeveer 20 minute tot die kaas goudbruin en die pastagereg deurwarm is. Lewer 6-8 porsies.

Oondgebakt­e hoenderker­rie

1 kg hoenderpor­sies Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 125 ml volvet-mayonnaise 125 ml blatjang 15 ml gladde appelkoosk­onfyt 15 ml sterk kerriepoei­er 30 ml vars suurlemoen­sap Gekapte, vars pietersiel­ie of koljanderb­lare en geroosterd­e klapper, om af te rond

Voorverhit die oond tot 180 °C. Pak die hoenderpor­sies in ’n enkellaag in ’n oondbak en geur met sout en swartpeper. Meng die res van die bestanddel­e, behalwe die pietersiel­ie of koljanderb­lare, goed en giet oor die hoender. Bedek met foelie en bak vir 40 minute. Verwyder die foelie en bak oop vir nog 20-30 minute, tot die hoender goudbruin en die sous borrelend en lekker dik is. Sprinkel pietersiel­ie of koljander en geroosterd­e klapper oor voor jy dit voorsit. Bedien

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa