Veldlesse uit die droogte
Die strawwe droogte het weer plantkundiges en boere byeengebring om maniere te ondersoek hoe om die veld veerkragtig genoeg te kry om soortgelyke skokke in die toekoms te kan verwerk.
Die uitmergelende droogte wat dreig om die rug van die landbou in die ekstensiewe weistreke te breek, vestig opnuut die aandag op veldtoestand, beweiding s praktyk een ook veld rehabilitasie. Namakwaland is een van die gebiede in Suid-Afrika met die langste geskiedenis van beweiding deur vee. Dr. Lita Webley, ’n onafhanklike argeoloog, het gevind dat klein troppies skape 2 000 jaar gelede in Namakwaland aangehou is. Sedertdien het die inheemse mense nomadies tussen waterbronne en weiding in die winter- en somerreëngebiede van Namakwaland getrek.
Met die koms van wit boere in die 18de eeu het veeboerdery meer sedentêr geword, terwyl omheining subsidie sin die 1950’ s tot meer beheerde beweiding in kampe gelei het. Dié veranderinge het ’n impak op die veld ge-
had, sê me. Halcyone Muller, bestuurder van restourasie en boerdery by Conservation International, ’n internasionale nie-regeringsorganisasie. Sy was een van die gesprekleiers op ’n velddag wat Landbouweekblad en die Kamieskroon-boerevereniging op plase by Kamieskroon aangebied het.
Die ander aktiwiteit wat ’n impak op die veld gehad het, is toe boere begin het om graanlande te maak. Navorsing deur prof. Timm Hoffman, hoof van die eenheid vir plantbeskerming aan die Universiteit van Kaapstad, en dr. Rick Rohde, ’n navorsingsgenoot by die Britse Arts and Humanities Research Council, toon dat daar nie gewasse in die pre-koloniale tydperk verbou is nie. Daarna het graanboerdery toegeneem tot sowat 30 000 hektaar in die vroeë 1970’s. Dit het sedertdien met bykans twee derdes gedaal omdat die grootste deel van die gebied te marginaal vir graanverbouing is.
Muller sê in die geval van die eerste tipe versteuring veroorsaak te veel of te min vee te lank op een plek dat die vee die lekkerste plante eerste vreet.
“Op die duur word die plantegroeisamestelling van die veld verander en kan dit ’n algehele verandering in struktuur, plantsoorte en bedekking meebring. Langlewende bosse wat vreetbaar is, word uitgevreet en saailinge vestig nie weer nie. Onvreetbare
pionier plante kan oorneem, die gras komponent kan heeltemal verdwyn en spesie verskeidenheid neem ook af .”
Waar lande gemaak is, het boere alle langlewende bosse uitgehaal en herhaalde bewerkingsaksies het die saadbanke van meerjarige bosse en smaaklike plante in die grond uitgeput. Op daardie lande groei daar ná winterreën nog eenjarige opslag. Muller sê sy is bewus van die groot rol wat die opslag in boere se voervloeiprogram speel.
“Miskien is dit iets wat ons kan gebruik om te help om die veld weer reg te kry as ons holisties daaroor gaan dink.”
REHABILITASIE EN HARDE WERK
Muller sê die navorsers wou ’n plan opstel om alles wat sleg is, reg te maak en die veld tot sy vorige staat terug te bring en dan dié plan aan die Regering te “verkoop”.
Conservation International het ’n werksessie met meentboere van die kommunale gebied Steinkopf gehou om húl mening te hoor oor moontlike maniere om die veld te rehabiliteer en ’n “resep” daaruit te ontwikkel. Landbouweekblad het in 2015 oor dié nie-regeringsorganisasies e projek om ouland ete rehabiliteer, geskry fin die artikel“Slim planne met ou saailande” (LBW, 6 Maart 2015, bl. 47). Oulande is graanlande wat nie meer bewerk word nie.
“Ons klem was op bewaring en om struktuur (die verskillende groeivorms van bosse, grasse, bome, rankplante en grondbedekkers) en biodiversiteit terug te bring. Ons het nie gekyk na eenvoudige ekosisteem dienste, soos dat plante die grond vashou en waterinfiltrasie verbeter nie. Ons het gevind die enigste manier om plante in die veld terug te bring, is deur dit aktief in die stelsel in te bring.”
Maar rehabilitasie is duur. Dit kos tyd, geld en mannekrag om die saad te versamel, skoon te maak, voor te berei en reg op te berg.
“Ons moes ook besluit hoeveel van watter saad gesaai word en hoe om die grond voor te berei. Met sulke duur saad moet jy dit darem ’n goeie kans gee om te oorleef.”
Hulle het verskillende grond voorbereidings metode sen’ n kombinasie van aanslae probeer, soos mikro-opvanggebiede om water op te vang, en bospakke van droë takke of stoppels gemaak om die grond langer klam te hou. Hulle het “skommeltjies”, die dooie materiaal onder bosse, versamel met die hoop dat die organiese materiaal darem ’n paar sade sal bevat en sou dien as ’n deklaag op die grond om die bolaag te beskerm.
Vier maande nadat hulle die sade gesaai het, het hul opnames ’n ontkiemingskoers van 94% getoon.
“Ons was baie opgewonde. Ons het gedink ons is besig om die resep te kry.”
Hulle het nog ses maande gewag en in die somer van 2014 weer opnames gedoen. Alle grasse en meerjarige bosse wat hulle gesaai het, het gevrek. Al wat oorleef het, was kruipende vygies, soos die fyn t’nouroebos (Drosanthemum hispidum), t’noutsiama( Cheiridopsis denticulata) en beslynbos (Galenia sarcophylla).
“Êrens tussen die winter en die somer het ons ’n stap misgekyk. Moes ons water gee? Moes ons skadunet oorsit? Ons weet nie.”
Sy sê hulle het nie ’n gepaste resep gekry nie. “Al wat ons geleer het, is dat dit nodig is om saad in te bring as jy struktuur en biodiversiteit wil terugkry.”
WATTER VELD HERSTEL?
Bokskraal, die plaas waarop die grootste deel van die velddag plaasgevind het, was vir baie jare op die trekpad tussen die laerliggende dele na aan die kus en die hoërliggende dele. Naby die pad is die veld danig kaal en die bosse yl. Verder van die pad af neem die bedekking toe.
Mnr. Ben-Jon Dreyer, hoof van die Wilder nes s-stigting ,’ n natuurbewaring s organisasie, se grondprojek in die Noord-Kaap en ook ’n gesprekleier, het gesê die veld herstel baie stadig daar.
“Opeenvolginge en siklusse neem ontsettend lank in die droë streek. Dit duur dekades voor jy ’n verskil sien. Die erosie wat ons sien, is die nalatenskap van oorbeweiding en bewerking van lande in die 1950’s en ’60’s.”
Mnr. Dawie Burden van die plaas Matjiesfontein by Platbakkies sê sy pa het jare gelede grond op die Kamiesberg gekoop en die oulande net laat lê.
“Die kraalbosse (Galenia africana) het opgekom, dit was groot bosse van ’n meter tot ’n meter en ’n half hoog. Daarna het ander soorte, soos (wilde) roosmaryn begin groei. Die deel agter die berg, waar daar oor die jare min diere gekom het, het heeltemal herstel.
“Ek dink onttrekking en baie tyd is nodig vir die veld om te herstel, dan sal alle prosesse waarvan Halcyone praat, natuurlik plaasvind.”
Burden het bygevoeg dat die reënval daardie jare normaal was. “Ons het van 2012 tot nou amper nie winterreën gehad nie.”
Die derde gesprekleier, me. Annelise le Roux, het voor haar aftrede jare lank as Kaapse Natuurbewaring se botanis in Namakwaland gewerk. Sy sê die seisoene is besig om oor die wêreld heen te verskuif en plante kan nie teen dieselfde tempo aanpas by die verskuiwing nie.
Le Roux het ook opgemerk hoeveel smaaklike bosse, soos skaapbos (Osteospermum oppositifolium) en perdebos (Didelta spinosa), en grasse deesdae in die padreserwes groei. “As jy anderkant die draad kyk, staan daar net hier en daar van die bosse.”
Sy glo die verskil is omdat die padreserwe nie bewei word nie. “Dalk kan ons iets by die padreserwe leer.”
Muller sê as die gebied ooit by ’n kritieke tyd kom om rehabilitasie-eksperimente in werking te stel, kan die padreserwe ’n belangrike bron van saad wees. “Spanne mense kan met die nodige toestemming langs die pad stap en saad versamel.”
AANSPORING VIR VELDHERSTEL
Pleks daarvan om veld rehabilitasie kunsmatig doen, sê Burden daar moet liewer vir grondeienaars ’n aansporing wees om die natuurlike proses sy gang te laat gaan.
Muller stem saam. “Mense kan nie van boere verwag om die veld te rehabiliteer sonder dat daar vir hulle alternatiewe inkomstebronne is nie.”
Sy meen boere moet kyk na toerisme as ’n manier om grond te benut om ’n inkomste te verdien, maar sonder om dit af te takel en om dit toe te laat om te rus.
“As jy die swak dele afkamp en die verlies vat, sien ek ’n groot rol vir stoppellande. Al word daar net elke tweede jaar gesaai, is die opslag tog van waarde.”
Muller sê as daar kaal kolle in die veld is, kan dit dalk help om dit te versteur sodat daar opslag opkom. “In Namakwaland is die groeityd baie kort, maar die vee kan op die opslag wei. Daar is dus verskillende opsies.”
Sy sê daar is regeringsgeld wat bekom kan word om natuurlike hulpbronne te bestuur.
“Baie van die projekte is ook gemik op werkskepping, maar as ’n projek kan werk skep én die veld verbeter, kan dit ook die Regering help om baie van sy millennium- ont- wikkelingsdoelwitte te bereik .”
Sy sê Conservation International werk reeds saam met die Departement van Omgewingsake by Leliefontein (in Namakwaland). Hulle ondersteun ’n span opkomende boere om hul vee se kondisie te verbeter, maar gebruik hulle ook om erosie te bekamp.
“Geld vir rehabilitasie hoef nie noodwendig alles uit grondeienaars se sak te kom nie, maar jy moet bereid wees om saam met ander mense en instansies te werk.”
KOOLSTOFKREDIETE
Burden het gewonder of boere dalk vir koolstofkrediete in aanmerking sal kom as hul veld herstel planne koolstof in die grond hou. Le Roux en Muller meen die gebied is te droog daarvoor, en sê Namakwaland se vleie hou dalk die beste moontlikheid vir koolstofkrediete in.
Burden sê hy besef dit gaan oor water, maar hulle het “oppervlakte”. “As jy ’n plant kan kry wat natuurlik voortplant en koolstof in die grond sit, moet daar mos met die hektare wat ons het ’n saak uitgemaak kan word vir koolstofkrediete. As ons ’n kamp wat uitgetrap is, kan rehabiliteer en koolstofgeld daarvoor kry, maak dit mos ekonomiese sin.”
Dreyer sê grondeienaars met bewarenswaardige stukke grond op hul eiendom kan ook by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se program vir hulpbronbestuur aanklop om baat te vind by die aansporings program vir grond gebruikers. Daarvolgens moet die grondeienaar saam met ’n ander organisasie werk om die bronne te benut en die grond en veld te rehabiliteer.
Hys ê wetgewing wat die eerste b i o diversiteit s belastings voordeel omskryf, i sin 2016 gepromulgeer. Daarvolgens kan grondeienaars wat ’n bewarenswaardige deel van hul plaas formeel bewaar, vir die belastingvoordeel in aanmerking kom.
“Daar kan byvoorbeeld onbegaanbare, bergagtige grond op jou plaas wees, of ’n kamp wat te veel roofdiere huisves en veeboerdery bemoeilik en maak dat jy die kamp nie ekonomies kan benut nie. Daar is ’n proses wat gevolg kan word om te bepaal of die kamp en/of eiendom bewarenswaardig is. Indien wel, kan dit tot ’n formeel beskermde gebied verklaar word en die eienaar sodoende moontlik in aanmerking laat kom vir die ‘S 37 D ’- inkomste belastingkorting .”
HOE MOET PLANTE BEWEI WORD?
Maar hoe moet Namakwaland se veldplante bewei word? Mnr. De Graaff Genis van die plaas Brakkies meen die veld is gemaak om bewei te word.
“Dit is ’n natuurlike ding, die bos moet gesnoei word om groei te stimuleer. Ek meen dit gaan oor drakrag. As jou veebelading reg is, gaan die bosse in ’n normale jaar opkom en gaan die oulande herstel.”
Le Roux stem saam, maar sê drakrag kan nie konstant wees nie.
“Dit moet verskil van jaar tot jaar as gevolg van wisselende reën. Eintlik behoort hier nou geen vee in die veld te wees nie, maar wat anders kan julle doen?”
Op De Graaff se vraag oor hoe ver ’n bos benut kan word voor jy dit doodwei, het Le Roux gesê dit hang af waar die plant se groeipunt is.
“Elke bos se groeipunt sit op ’n ander plek. Skaapbos se groeipunt sit onder aan die tak. Jy kan dit dus redelik laag bewei. Haarbos (Hirpicium alienatum), wat een van die smaaklikste bosse in Namakwaland is, groei ook van onder af.”
Le Roux sê sy kan insien waarom boere vee op die opslag op oulande wil laat wei, aangesien dit die veld ’n kans gee om te herstel.
“Die ander kant daarvan is dat die saailinge van meerjarige plante saam met die opslag opkom. Dis smaaklik en sag, so die skape gaan dit ook vreet. Dis goed en wel, maar die skape trek dikwels die hele saailing uit. Ons moet daaroor dink en daarvoor beplan, want ons wil bosse op die oulande hê.”
GROND SE BIOLOGIESE KORSE
In die veld het iemand donker kolle op die grond opgemerk. Le Roux sê dit is biologiese grondkorse wat bestaan uit swamme, mosse en ligene wat op die grond groei en ’n baie belangrike rol speel.
“As dit reën, absorbeer die korse meer water as die omliggende dele. Dit hou die grond klam en kan fotosinteer, dit gee dus koolstof terug aan die grond. As jou veld in ’n goeie toestand is, is dit veronderstel om ’n biologiese kors te hê. As die veld oorbewei en vertrap is en daar nie ’n biologiese kors is nie, het die grond ’n kleiner kans om vog vas te vang.”
Sy sê die kors kan dood en hard lyk, maar dit herstel baie vinnig nadat dit gereën het.
“Dit is soos ’n spons en sal vog absorbeer selfs as daar net mistigheid is. Die kors is ook belangrik vir veldherstel omdat dit ’n klam atmosfeer skep vir saadjies om te ontkiem.”
PIONIERS EN INDRINGERS
Geen gesprek in die veld in Namakwaland vind ooit plaas sonder dat iemand ’n opmerking oor kraalbos (Galenia africana) maak nie. Kraalbos is ’n inheemse pionierplant wat op versteurde grond, veral oulande, groei. Volgens Le Roux kom kraalbos natuurlik in rivierlope voor. “Kraalbos is nie ’n indringerplant nie. ’n Indringer kom in en verdring alle ander plante in die omtrek. ’n Pionier groei op versteurde grond en as dié gebied kans kry om te herstel, sal die kraalbos mettertyd verdwyn en plek maak vir ander bosse.”
Sy sê kraalbosse dien dikwels as bewaarplante (nurse plants) vir die saailinge van saadjies wat daarteen vaswaai.
“Dit verskaf skaduwee en organiese materiaal en beskerm die saailinge.”
Een van die redes vir die velddag was ook dat die wetenskaplikes, wat nie vir soveel jare so gereeld in die veld kom soos die boere nie, ook by die boere moet leer.
Le Roux sê sy was verbaas om van mnr. John Genis van die plaas Brakkies te hoor dat kraalbos “opslaan dat dit bars” as dit in Oktober en November baie reën kry, maar nie weens winterreën nie. Hy het ook gesê dat kapokbos, en nie kraalbos nie, op sekere van hul oulande opgekom het.
Mnr. Corneels Genis, ’n afgetrede boer, het gesê hy meen watter plante opkom, hang van die grond af, want op sy oulande het fluitjiesbos opgekom.
Le Roux sê of ’n plant verder gaan groei, hang af van die opvolgjaar.
“’n Plant kan dus vanjaar opkom, maar as die volgende paar jaar nie goed is nie, kan hy weer vrek.” BRONNE: Hoffman, T. en Rohde, R. 2007. “From pastoralism to tourism: The historical impact of changing land use practices in Namaqualand.”
Journal of Arid Environments, 70, pp. 641-658. Webley, L. 2007. “Archaeological evidence for pastoralist land-use and settlement in Namaqualand over the last 2000 years.” Journal of
Arid Environments, 70, pp. 629-640.