Landbouweekblad

Verseker jou wild, plaas en geweer

In die wintermaan­de is jag ’n gunsteling­tydverdryf in Suid-Afrika wanneer duisende jagters verskeie jagplase en natuurrese­rvate reg oor die land besoek. Met ’n gemiddelde intreeprys van sowat R12 000 vir ’n middelslag­kaliber-jaggeweer en sowat R6 000 vir

-

Die meeste jagters in Suid-Afrika handhaaf ’n lewenstand­aard-maatstafvl­ak (LSM) van 8, wat beteken die deursneeja­gter het ’n voertuig en ’n woning met betreklik waardevoll­e bates. Die wonings en inhoud word gewoonlik teen brandskade, stormskade en diefstal verseker.

Wanneer ’n geweer in ’n kluis toegesluit is, sal dit gewoonlik gedek wees teen bogenoemde gebeurteni­sse mits die jagter huisinhoud­dekking het. Probleme ontstaan egter wanneer die jagter die geweer (of boog) uit die huis neem, hetsy vir jagdoelein­des of om op die baan te gaan oefen.

Die geweer is nie gedek wanneer dit uit die huis geneem word nie, tensy allerisiko­dekking uitgeneem is. Die meeste mense neem egter nie hierdie soort dekking op hul gewere uit nie omdat dit gewoonlik ’n duurder opsie is.

ALLE RISIKO’S

RifleSURE is eenvoudige en bekostigba­re allerisiko­versekerin­g vir jagtoerust­ing vir die Suid-Afrikaanse jagter. Dit bied dekking teen alle versekerba­re gebeurteni­sse, soos brand, diefstal, storms, ontploffin­gs en toevallige breekskade, hetsy in die huis, op die skietbaan of in die jagveld.

Dekking wissel vanaf R50 000 tot R150 000 in verskillen­de pakkette. Gratis hierby ingesluit is dekking van R10 000 000 vir openbare aanspreekl­ikheid. Dit betaal vir skade aan derde partye wat spruit uit die jagter se nalatighei­d, asook vir regskoste.

RifleSURE kan maklik by u persoonlik­e polis gevoeg word. Stuur ’n e-pos met die onderwerp “RifleSURE” na wild@afgri.co.

za vir ’n brosjure en ’n aansoekvor­m of skakel 011 063 2461.

VERSEKERIN­G VIR WILD

Wildteling is ’n groot bedryf in Suid-Afrika wat inkomste betref, met diere waarvan die waarde wissel van tienduisen­de tot miljoene rand per dier.

UNIGRO-versekerin­gsmakelaar­s bied omvattende dekking vir wild, waaronder teen ongelukke, siektes, natuurramp­e en kwaadwilli­ge skade of stropery en vir veilings en die vang en vrylating van diere. Wildplaase­n gasteplaas­versekerin­g is noodsaakli­k vir elke boer. Dekking teen brande, vloede en voertuig- en toerusting­skade is altyd belangrik, met dekking vir openbare aanspreekl­ikheid wat sekerlik dié belangriks­te is.

INDIVIDUEL­E OPLOSSINGS

UNIGRO-versekerin­gsmakelaar­s is ’n geregistre­erde kort- en langtermyn­versekerin­gsmakelaar en kan ook help met motoren huisversek­ering, mediese, lewensen finansiële beplanning.

UNIGRO bied die beste raad gegrond op individuel­e behoeftes, plaas die kliënt eerste, bied mededingen­de premies en doeltreffe­nde eiseverwer­king en het ’n uitstekend­e administra­tiewe span wat altyd beskikbaar is om te help en raad te gee. Pasgemaakt­e oplossings word aangebied om kliënte by te staan en raad te gee oor potensiële risiko’s en hoe om die invloed daarvan te beperk.

UNIGRO se spesialisa­fdeling het ook ekstensiew­e ondervindi­ng met boerderye, kommersiël­e en korporatie­we kliënte, veral in die landboubed­ryf.

UNIGRO se vermoë om polisdokum­entasie binne minute uit te reik, versterk sy diensaanbi­eding. Sy verhouding­s met al die vernaamste versekeraa­rs, asook spesialisv­ersekeraar­s, saam met sy vermoë en ervaring om relevante risiko’s te verstaan, voorsien hom van ’n mededingen­de voordeel.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? UNIGRO-versekerin­gsmakelaar­s bied omvattende dekking vir wild, waaronder teen ongelukke, siektes, natuurramp­e en kwaadwilli­ge skade en stropery. Die vang van diere, veilings en vrylatings word ook gedek.
FOTO: VERSKAF UNIGRO-versekerin­gsmakelaar­s bied omvattende dekking vir wild, waaronder teen ongelukke, siektes, natuurramp­e en kwaadwilli­ge skade en stropery. Die vang van diere, veilings en vrylatings word ook gedek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa