Boere, veeartse moetsaamwerk teen siektes
Veeartse meld al hoe meer gevalle aan van parasiete wat ’n weerstand toon teen middels wat voorheen doeltreffend was. Veeboere kan dié neigings saam met hul veeartse bestuur.
Verskeie gevalle van weerstandige rondewurms en bloubosluise is in Mei vanjaar deur sowat 120 veeartse en laboratoriums by die Herkouer veterinêre Vereniging van Suid-Afrika( Ru VAS A) aangemeld.
Rondewurms, wat weerstandig is teen antiparasitiese middels, is deur veeartse bevestig in Mpumalanga (Balfour en Ermelo), Gauteng (Pretoria), die Vrystaat (Bloemfontein, Clocolan, Hoopstad, Kroonstad, Reitz en Villiers) en in die Oos-Kaap (Graaff-Reinet).
’n Soortgelyke neiging was in Maart en April te bespeur. In Maart was die las selfs groter, met gevalle wat in Mpumalanga, Gauteng, Limpopo, Noordwes en die Vrystaat, Oos-Kaap en Wes-Kaap aangemeld is.
BLOUBOSLUISE
Die voorkoms van bloubosluise wat weerstand i gis teen bestryding s middels is ook in die herfs in meer provinsies opgemerk, waarskynlik weens laat somerreën. Weerstandige bloubosluise is aangemeld in Mpumalanga, Gauteng, die Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap.
In RuVASA se jongste verslag (Mei 2018) is weerstandige bloubosluise aangemeld in Mpumalanga (Nelspruit), in die Vrystaat (Villiers en Winburg), in KwaZulu-Natal (Bergville en Pietermaritzburg) en in die Wes- Kaap (George).
Die bloubosluis is die soort waarmee die meeste boere probleme ondervind omdat dit ’n enkel gasheer bosluis is. Dit veroorsaak dat me eras een geslag van dié bosluis op dieselfde bees kan voorkom. Dit lei daartoe dat weerstandige individue vinnig in verhouding tot vatbare bosluise kan toeneem.
Bloubosluise kom veral op beeste, en soms perde, voor. Die lewensiklus van die bosluise op die gasheer duur ’n minimum van 21 dae in die somer – van die tyd dat die larwes hulle aan die gasheer vasheg tot volgesuigde wyfies waargeneem word en van die dier afval.
Die res van die bloubosluis se lewensiklus vind op die grond plaas en duur ook sowat 21 dae. Vergeleke met ander bosluissoorte is die intervalle tussen geslagte by die bloubosluis baie kort. Dit is die grootste rede hoekom weerstand by bloubosluise vinniger opbou.
Daar is verskillende redes vir die bestaan en vermeerdering van parasiete wat weerstandig is teen middels wat andersins doeltreffende bestryding sou toepas.
Die afwisseling van middels met verskillende aktiewe bestanddele kan help om dié bosluis bevolkings onder beheer te bring en moet in oorleg met jou veearts beplan word.
Die konsentrasie van dipmiddels, die doeltreffendheid van diptoestelle en die frekwensie waarteen diere teen bosluise behandel word, kan ook bydra tot die opbou van bosluisbevolkings met ’n weerstand teen dipmiddels.
Dr. Faffa Malan, bestuurder van RuVASA, sê die laat reënval in veral die somerreëngebiede het gesorg vir ’n toename in die aantal bosluise wat in die herfs op vee waargeneem is.
“Maak seker jy ken veral die bloubosluis se weerstandstatus op jou plaas voor jy ’n dipprogram kies. Jou veearts kan ’n aantal volgesuigde bloubosluise versamel en laat toets.
“In dié toetse word vasgestel of die bosluise weerstand bied teen aktiewe bestanddele, soos organofosfate, piretroïede en amidiene.
“Aktiewe middels wat net vir die bestryding van bloubosluise geregistreer is, is makrosikliese laktone en fluasuron. ’n Nuwe aktiewe middel, fiproniel, is onlangs bekend gestel,” sê Malan in sy RuVASA-verslag vir Mei.
As bosluise weerstandigheid teen een aktiewe middel in byvoorbeeld die piretroïedgroep ontwikkel het, sal hulle ook weerstand hê teen ’n ander aktiewe middel in dieselfde groep.
Boere moet bosluisdipmiddels oordeelkundig gebruik omdat herhaalde behandelings met kort intervalle met dieselfde middels sal veroorsaak dat weerstandige bosluisbevolkings op plase gaan ontstaan en vermeerder.
Naas die las en irritasie wat dié bloedsuiende parasiete veroorsaak, is bosluisoorgedraagde siektes, soos Afrika- en Asiatiese rooiwater en galsiekte, ’n groot kommer.
VEEARTSE
Malan sê boere moet saam met hul veeartse werk om oplossings te vind en voorkomend op te tree teen weerstandige, inwendige parasiete, soos haarwurms en rondewurms, en uitwendige parasiete, soos bloubosluise.
Dr. Neil Fourie, ’n voormalige private veearts van Middelburg in Mpumalanga, sê produksiedierveeartse is terdeë bewus van die ekonomie van boerdery. Hy sê boere moet veeartse vertrou om hulle en hul diere se belange op die hart te dra.
Veeartse behoort dieregesondheidsprodukte te verskaf, want hulle het meer tegniese inligting as enige ander plek waar bestrydingsmiddels verkoop word.
“Jou plaaslike veearts ken die probleme van die omgewing omdat hy ’n wye blootstelling oor ’n groot gebied het,” sê Fourie.