Hulle wens hulle kan genoeg geld kry om kleinboere ook in te sluit.
aangevul te word met gereelde, gespesialiseerde opnames tussenin.
Die Kanadese landbousensus vra byvoorbeeld nie vrae oor gewasse nie omdat dit deur maandelikse en kwartaallikse opnames gehanteer word. Eweneens span die Amerikaanse departement van landbou afgetrede dorpenaars in om gereelde opnames by boere in hul omgewing te doen. Dit maak die kwessie van toegang en bekommernis oor vertroulikheid wat ’n knelpunt kan wees, onnodig.
Manie het ’n probleem met die sensus wat net gedoen word by boere wat vir belasting op toegevoegde waarde (BTW) geregistreer is. Magwaba sê hulle wens hulle kan genoeg geld kry om kleinboere ook in te sluit.
In alle billikheid, ander opnames vra wel ’n paar vrae oor mense se betrokkenheid by boerdery. Die bietjie data wat die bevolking sensus van 2011 en die gemeenskap s opname van 2016 oor die landbou versamel het, het nogal ’n ontstellende neiging oor die daling in die persentasie mense wat by die landbou betrokke is, opgelewer.
Dit kan ’n natuurlike proses in die ontwikkeling van die ekonomie wees, dog die afname was die grootste in die provinsies aan die ooste van die land, met ’n hoër reënval en dieper, vrugbaarder grond.
Afgesien van die uitwerking van die geskiedenis, kan dit ook toegeskryf word aan ’n karige belegging in die landbou, onsekere grondregte en skeptisisme oor boerdery as ’n manier om ’n bestaan te maak. Manie meen dit kan anders wees as tradisionele leiers in dié provinsies liewer hul invloed by die Regering tot voordeel van die mense aanwend.
In die niekommersiële landbou weet ons nie veel meer as waarom mense by boerdery betrokke is en hoeveel en watter soort vee hulle besit nie.
Dit is glo net te moeilik om data oor gewasse te versamel. Dít hoef nie onmoontlik te wees nie. ’n Landbouekonoom van die WesKaapse departement van landbou het opgemerk dat die klein skaal van die meeste swart boerderye nie ’n struikelblok hoef te wees nie. Sensusse in Zambië en Zimbabwe bevat immers data oor kunsmisgebruik deur boere wat skaars ’n halwe hektaar mielies plant!
Eweneens het prof. Beatrice Conradie van die Universiteit van Kaapstad se departement ekonomie in 2007 al ’n praktiese gids vir suksesvolle opnames by alle groottes boerdery opgestel. Sy meen daar is min inligting wat ’n vasberade veldwerker nié kan versamel nie.
TOOR MET AFRIKAANS
’n Vriend van Manie stuur die anderdag hierdie brokkie inligting oor ons keurige taal:
Ek soek werk. Plaaswerk, asseblief. Ek het ervaring in: Die verkeerde perd opsaal. Te veel hooi op my vurk hê. ’n Eiertjie te lê. Dan kan ek ook ou koeie uit die sloot grawe en met die hele sak patats vorendag kom. Ek sal die wrange vrugte pluk. Vroeg smôrens sal ek die room afskep en op eiers loop. Ek kan natuurlik ook balke saag, twak verkoop, appels swaai en vir jou wys waar Dawid die wortels gegrawe het. My spesialiteit is om met ander mense se kalwers te ploeg en ek sal die bul by die horings kan pak. Ten opsigte van vee sal ek wolf skaapwagter maak en die agteros in die kraal kry. Ek kan die dam onder die eend uitruk en ek kan hond haaraf maak. Ek is ’n perd van ’n ander kleur, ouens soos ek is so skaars soos hoendertande en ek werk vir ’n appel en ’n ei. Ek kan enige tyd begin, net nie hierdie Saterdag nie, Jakkals het my na sy troue genooi. Hy trou met Wolf se vrou.
Baie dankie.