Landbouweekblad

Mlengana-gemors: Zokwana was sy hande

- — JOYLENE VAN WYK

DIE volstruisb­edryf en die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye is druk besig om weer die goedkeurin­g vir uitvoer van die Europese Unie (EU) te kry.

Nie vars óf bevrore volstruisv­leis mag tans na die EU uitgevoer word nie, hoewel Suid-Afrika ’n nasionale plan vir die beheer van chemiese residu het. Die plan is onderhewig aan ’n jaarlikse goedkeurin­g deur die EU.

Tydens die laaste oudit deur die EU is erge tekortkomi­nge in die toepassing van die beheerprog­ram gevind, wat die betroubaar­heid van die residustat­us onder verdenking gebring het.

Suid-Afrika is dus vanaf 1 Maart verwyder van die EU se lys van lande wat goedgekeur­de planne het om residu te monitor. Dit het

meegebring dat Suid-Afrika nie meer volstruis-, krokodil- of wildsvleis na die EU kan uitvoer nie.

Dr. Mike Modisane, die departemen­t se hoof van diereprodu­ksie en -gesondheid, het in Februarie inderhaas na die EU gereis om die situasie te probeer beredder, maar sy pogings was onsuksesvo­l.

ALLES MOONTLIK

’n Verbod op die uitvoer van vars volstruisv­leis is reeds sedert Junie verlede jaar van krag. Dit raak nie verwerkte produkte, soos vere en leer, nie.

Mnr. Piet Kleyn, uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Volstruis besigheid s kamer( SA VBK ), sê daar is geen twyfel nie dat die volstruisb­edryf se winsgewend­heid en volhoubaar­heid onder druk is en dat alles moontlik gedoen word om Suid-Afrika terug te kry op die lys van lande met goedkeurin­g vir uitvoer na die EU.

“Indien volstruisv­leis nie uitgevoer kan word nie, is daar nie voldoende winsgewend­heid vir die betrokkene­s in die bedryf nie. Ons spook hard saam met die departemen­t sodat Suid-Afrika weer op die lys kan kom,” sê Kleyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa