Landbouweekblad

Wildebeest­e: Boere hoes oor snotsiekte

- — JASPER RAATS

MNR. PIET WOLMARANS van Swartrugge­ns en drie van sy bure het onlangs ooreengeko­m op een van die grootste skikkingsb­edrae tot nog toe in ’n saak oor snotsiekte. Die skikking is saam met ’n kostebevel teen Wolmarans sebu re in die Hooggeregs­hof in Mmabatho bekragtig met die opdrag dat die skikkingsb­edrag nie bekend gemaak mag word nie.

Dit is ter vergoeding vir die 104 beeste wat Wolmarans verloor het weens snotsiekte sedert sy bure wildebeest­e op hul plase gevestig het. Sy bure is ook die opdrag gegee om hul blouwildeb­eeste te verwyder van die plase wat aan Wolmarans

se plaas grens.

Wolmarans bedryf sy stoetery, Kwantum Simmentale­rs, al 25 jaar lank op sy plaas van 350 ha tussen Rustenburg en Swartrugge­ns. Dié stoetery het al wêreldbeke­nde bulle, soos Migkar en Profeet, opgelewer. In 2006 het van sy beeste egter begin vrek.

“Ek het nie dadelik besef dit was snotsiekte nie. Dit was nie iets wat ons geken het nie, want daar was nog nooit blouwildeb­eeste in dié omgewing nie,” sê Wolmarans. Hy het sy beeste vir hartwater behandel, maar dit het geen verskil gemaak nie. Die beeste wat siek geword het, het eenvoudig gevrek.

SIVIELE EIS

Dr. Marli Olivier, die plaaslike staatsveea­rts, het snotsiekte as die oorsaak van die vrektes gediagnose­er. Wolmarans het besef die siekte bedreig sy voort-

bestaan as beesboer. Nadat onderhande­linge met sy bure misluk het, het hy ’n siviele eis teen hulle ingestel.

Sedertdien hou Wolmarans noukeurig inligting by van al die vrektes op sy plaas. Hy neem weefselmon­sters van elke bees wat vrek en stuur dit via die staatsveea­rts na Onderstepo­ort om te toets vir snotsiekte.

Drie van Wolmarans se bure hou wildebeest­e aan, derhalwe kon hy nie een spesifiek verantwoor­delik hou vir sy verliese nie. Ál drie sy bure is dus respondent­e in sy skadevergo­edingsaak.

’n Soortgelyk­e eis is hangende teen ’n buurman van ’n tweede plaas van Wolmarans. Hy is ook aangekla ingevolge artikel 11(1) van die Wet op Dieresiekt­es (Wet 35 van 1984). Ingevolge dié wet moet boere alle moontlike stappe doen om die verspreidi­ng van dieresiekt­es op hul grond te voorkom.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa