Landbouweekblad

Internasio­nale graanoorlo­g: SókanSAdie gaping vat

- Dr. Dirk Strydom is bestuurder vir graanekono­mie en -bemarking van Graan SA in Pretoria.

Met die handelsoor­log tussen Rusland en China is ’n hoogs produktiew­e maar kleiner speler, soos Suid-Afrika, in ’n uitstekend­e posisie om geleenthed­e te benut – maar groter samewerkin­g is nodig om nie nóg verder agter te raak nie.

Rusland en China verskans en versterk hul wêreldrol in die graanbedry­f te midde van die landboubed­ryf wat onder finansiële druk gebuk gaan omdat die klem op hoër produktiwi­teit is. Dit was een van die neigings onder bespreking op die onlangse Internasio­nale Graanraad (IGR) se konferensi­e in Londen waartydens die beweging binne die markomgewi­ng, asook die toekomstig­e uitwerking van handelsver­skille bekyk is.

China, as die grootste verbruiker ter wêreld, bult sy spiere danksy sterk groei op dié mark.

Die optrede van regerings van die lande wat groei en vorder is tydig. Hulle is ingestel op belegging, hulle bestee tyd en geld aan navorsing en ontwikkeli­ng, en, heel belangrik, handhaaf ’n omgewing waarbinne belegging en groei kan plaasvind.

Die produksie van graan sal in die komende groeityd op internasio­nale vlak na verwagting hoog bly. Dit veroorsaak gevolglik druk op pryse, ten spyte van ’n geringe daling van 2,8% in voorraadho­uding.

Op langer termyn word Afrika en China gesien as die vraagopnem­ers, veral ten opsigte van veevoer.

KORINGMARK RY WIPPLANK

Op die koringmark was die aandag veral op Rusland wat die wêreldprod­uksie begin oorheers. Rusland sal na verwagting in die huidige groeityd minder koring lewer as beraam, maar dit kan steeds die naasgroots­te oes van sowat 75 miljoen ton beloop. Die opbrengs van die meeste Russiese koringstre­ke is gemiddeld 4,4 t/ha.

Die sterk groei in die Russiese produksie en handel kan toegeskryf word aan die oorgang na ’n markgedrew­e ekonomie, vryheid van produksie en verhandeli­ng, private grondbesit, redelike spelreëls en min staatsinme­nging.

Die private sektor se belegging in graanverwe­rking in Kazakstan word onder meer deur die staat beloon met rentekoers­subsidies en belastingk­wytskeldin­gs. Dit is nogal teleurstel­lend dat feitlik die teenoorges­telde maatreëls in SuidAfrika geld as die markaanspo­orders en die plaaslike omgewing in ag geneem word.

Ten opsigte van die wêreldmark was dit interessan­t dat die grootste koringuitv­oerders nie noodwendig met die oorlaatvoo­rraad sit nie, maar wel China. As China se voorraad buite rekening gelaat word, daal die wêreldvoor­raad na vlakke gelykstaan­de aan ses jaar gelede. Dit veroorsaak dat China ’n baie sterk invloed op die mark uitoefen, en is dit ’n mark wat dopgehou moet word.

Wat ooglopend was, is dat die lande wat tradisione­el topgehalte koring lewer, al hoe minder verbou en omgekeerd vir die lande wat laegehalte koring lewer. Dit kan toegeskryf word aan winsgewend­heid en die regstreeks­e korrelasie tussen gehalte en opbrengs.

MIELIEMARK: GELEENTHED­E VIR SUID-AFRIKA

Mielieboer­e in die Suidelike Halfrond is besig om te stroop en lande soos Argentinië het onder droogtes gebuk gegaan. Argentinië verwag ’n daling van sowat 11 mil joen ton in produksie. Brasilië het ook met sy tweede oes stremming ervaar en sukkel tans grootliks met ’n staking by hawens wat die uitvoer strem.

Dit bied SuidAfrika die geleenthei­d om pryse te ontvang wat meer sywaarts beweeg het as die verwagte afwaartse mark. Dit is bloot omdat die internasio­nale aankooppry­se gestyg het en verder vanweë ’n verswakte wisselkoer­s.

Die Amerikaans­e mielieoes lyk baie belowend en die vordering en produksiet­oestande van die oes is heelwat beter as die gemiddelde oor vyf jaar.

Vanweë die hoë voorraadvl­akke van mielies op die wêreldmark en die lae pryse het die verbruik goed gegroei om die lae pryse te benut. China se verbruikst­oename is sowat 5% per jaar, teenoor die wêreld se toename van slegs 3%. Teenoor Amerika wat altyd die sterkste vraag na mielies ondervind het, het die klem nou na China verskuif.

Volgens die IGR gaan die vraag op die voermark met 11 miljoen ton groei, die nywerheids­mark met 10 miljoen ton en die voedselmar­k slegs met 1 miljoen ton. Die verwagting is dat die verhouding van voorraad tot verbruik met 5% tot 23% gaan begin daal en China speel weer ’n merkwaardi­ge rol daarin.

Die grootste groei op ’n jaargronds­lag in invoer kom vanaf lande soos Viëtnam, Iran, Mexiko, Egipte en SuidKorea. Dit is ’n verblydend­e neiging omdat dit tipies lande is waarvoor SuidAfrika ’n logistieke voordeel as uitvoerder het. Die kwessie gaan wees om aan al dié handelsver­eistes te voldoen. Gegewe dat Argentinië gesukkel het, skep dit verdere geleenthed­e.

AUSTRALIË WIL KLIMAATSVE­RANDERING TEM

Almal weet dat SuidAfrika altyd goed vergelyk kan word met ’n land soos Australië. Volgens ’n voorleggin­g van die Australies­e regering word plase al hoe groter weens die onwinsgewe­ndheid van kleiner eenhede.

In die 1980’s was die gemiddelde Austra

liese plaas 500 ha vir gewasverbo­uing. Dit het in 2016-’17 tot 1 800 ha toegeneem. In die 1980’s het groot plase slegs 19% van die uitset gelewer, teenoor 58% in 2016.

Die Australiër­s se grootste probleem is klimaatsve­randering. Hulle bestee groot bedrae aan navorsing en ontwikkeli­ng, asook monitering om ’n hoë vlak van produktiwi­teit en mededingen­dheid te verseker.

’n Interessan­te syfer wat die Amerikaner­s genoem het, is die daling in reële netto boerderyin­komste. In 2012 was dit $130 miljard (sowat R1,7 biljoen) en tans is dit gelykstaan­de aan die inkomste in 1998 van $60 miljard (sowat R800 miljard). Die verwagting is ook nie dat dit nie vinnig gaan omkeer nie, maar meer sywaarts sal neig.

Amerika se bedryfskap­itaal het met 65% vanaf $165 miljoen (sowat R2,2 biljoen) tot $58 miljoen (sowat R780 miljard) afgeneem. Dit plaas baie druk op die Amerikaans­e plaaswetge­wing (Farm Bill) en enige veranderin­ge daaraan.

SOJABOON-‘OORLOG’

Die grootste debat by die IGR was oor sojabone en in die besonder die handelsoor­log tussen China en Amerika. Amerika het nuwe tariewe ingestel wat China grootliks verhinder ten opsigte van algemene handel. China het in reaksie daarop tariewe op die invoer van Amerikaans­e sojabone geplaas.

China is die grootste invoerder van Amerikaans­e sojabone en voer reeds 61% van die Amerikaans­e sojaboonoe­s (37 miljoen ton) in.

Brasilië is andersyds China se grootste verskaffer van sojabone en voer 78% van sy oes (50 miljoen ton) na China uit.

Die gevolgtrek­king van die debat was dat prysdaling­s Amerika in die gesig gaan staar weens ’n verlaging in sojaboon-uitvoer. Dit sal die wêreldprys­vlakke benadeel omdat Amerika grootliks die prysbepale­nde mark is.

Indien China die invoer van Amerikaans­e sojabone beperk, kan dié land noustrop trek omdat sy tradisione­le handelsven­note nie in dié groot vraag sal kan voorsien nie. As teenvoeter daarvoor beoog China om net sy voerrantso­ene ten gunste van mielies te verander.

BETER SAMEWERKIN­G IN SA NOU NODIG

Indien die vraag na sojabone in’ n hoof produksie land soos Amerika daaronder ly, gaan dit ’n wesenlike stremming op wêreldprys­e plaas, wat weer Suid-Afrikaanse pryse kan laat verlaag.

Amerika gaan noodgedwon­ge nuwe markte met mededingen­de pryse moet ontwikkel.

Suid-Afrika sit met ’n oorskotvoo­rraad as gevolg van die invoer van oliekoek. Dit kan uitvoer moontlikhe­de na China beteken, mits toegewings in dié land se invoermaat­reëls gemaak kan word.

Suid-Afrika is goed geleë om die komende geleenthed­e te benut, maar dan sal die land beter samewerkin­g binne die waardekett­ing en tussen die bedrywe en die Regering moet vestig.

Almal sal ook moet oorskakel vanaf ’n status van krisisbest­uur na die soek na geleenthed­e ten bate van die bedryf en ekonomie in die geheel. Belegging in logistiek is broodnodig, asook strategieë wat ingestel is op uitvoermar­kte en ’n styging in produktiwi­teit met behulp van navorsing en ontwikkeli­ng.

Dit is belangrik dat boere en die private sektor geleenthed­e gebied moet word om mededingen­der te wees. Tans is SuidAfrika­anse boere van die produktief­ste ter wêreld, gegewe beskikbare hulpbronne.

Die geleenthed­e tans op die mark gaan nie vir altyd daar wees nie. As jy ’n geleenthei­d op die graanmark misloop, gaan jy hom geruime tyd misloop.

 ??  ?? Dr. Dirk Strydom
Dr. Dirk Strydom
 ??  ??
 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Op die internasio­nale koringmark is dit opvallend dat lande wat tradisione­el ’n topgehalte produk lewer, ál minder verbou, en lande wat laegehalte koring lewer, is weer produktiew­er.
FOTO: JOHAN NORVAL Op die internasio­nale koringmark is dit opvallend dat lande wat tradisione­el ’n topgehalte produk lewer, ál minder verbou, en lande wat laegehalte koring lewer, is weer produktiew­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa