Landbouweekblad

Dié week in die landbou

- FOTO: JOUBERT VAN DER MERWE FOTO: OUTSPAN

MEESTERKLA­S

Henko Vermeulen (links) en Anwill Ryk leer skeer onder die waaksame oog van mnr. Themba Khoza, die Protea-skeerder. Agt leerders van die Landbougim­nasium Augsburg op Clanwillia­m het die afgelope skoolvakan­sie internasio­naal geakkredit­eerde sertifikat­e in skaapskeer tydens dié skool se kursus verwerf. Die kursus is aangebied met die samewerkin­g van die Nasionale Wolkwekers­vereniging en die Wes-Kaapse departemen­t van landbou. Cobus (Oros) Nieuwoudt was die junior skaapskeer­meester. Kaylie de Jager was die eerste Wes-Kaapse skoliere-skaapskeer­der wat ’n bronsmedal­je kon verower. Om daarvoor in aanmerking te kom, moet ’n mens vyf skape binne ’n halfuur kan skeer met ’n minimum raakskeerp­lekke en dubbelknip­sels.

ROBOT-MEEVALLER

Die Kaapse tegnologie­maatskappy Aerobotics het $2 miljoen (sowat R26,5 miljoen) se ontwikkeli­ngsgeld bekom om sy produk, wat help met plaag- en siektebest­ryding by boomgewass­e, uit te brei en te bemark. Die maatskappy se produk Aeroview gebruik masjienlee­r en kunsmatige intelligen­sie om satelliete­n hommeltuig­beelde te verwerk om boere te help om besluite te neem. Onder die borge is Ned- bank en die beleggings­maatskappy 4D1 Capital, asook twee Amerikaans­e beleggers, AgFunder en AngelList. Die maatskappy sê banke en versekeraa­rs vind ook sy inligting nuttig wanneer hulle ’n kliënt se risiko bepaal. Die maatskappy gaan die geld gebruik om na die buiteland uit te brei. Hy wil in Augustus in Amerika vastrapple­k vind.

WAPENSAAK WAG

’n Hofaansoek gemik daarop om die verwarring in die vuurwapene­ienaarsgem­eenskap uit die weg te ruim, is met ’n week uitgestel ná dit op 17 Julie voor die Noord-Gautengse hooggeregs­hof gedien het. Die vuurwapen-drukgroep Vuurwapene­ienaars Suid-Afrika (Gosa) vra dat die SA Polisiedie­ns die insameling van vuurwapens waarvan die lisensies verval het, opskort totdat ’n aansoek aangehoor word dat vervaldatu­ms van vuurwapenl­isensies afgeskaf word. Die groep meen dat die nasionale polisiekom­missaris, as die registrate­ur van vuurwapens, die diskresie het om só ’n besluit te neem en dat dit die polisie miljoene rande sal bespaar.

BAKTERIE-KOSTE

Die genoteerde kosproduse­nt en -verwerker Greenyard reken die wêreldwye herroeping van produkte wat hy weens listeriose-besmetting by ’n Hongaarse fabriek moes doen, gaan hom rondom ¤30 miljoen (sowat R464 miljoen) kos. Die maatskappy sê in ’n verklaring dié bedrag sluit die geraamde koste vir produkte, vervoer, hantering, vernietigi­ng, subkontrak­teurs en verlore marges in. Die kleinhande­lgroep Woolworths het onlangs aangekondi­g dat hy ’n rys-en-groentepro­duk aan die plaaslike mark onttrek weens dié besmetting. Produkte wat vanaf 13 Augustus 2016 tot 20 Junie vanjaar vervaardig is, word geraak.

CHEMIESE REAKSIE

Die Mededingin­gstribunaa­l het voorwaarde­lik goedgekeur dat die Duitse landbouche­miese maatskappy BASF die bates van Bayer koop wat laasgenoem­de moes verkoop om toestemmin­g te kry vir die samesmelti­ng met Monsanto. Bayer moes ontslae raak van sy wêreldwye Liberty en LibertyLin­k-tegnologie. Die tribunaal sê in ’n verklaring daar is van BASF verwag om die tegnologie self te kommersial­iseer óf om dit aan ’n derde party te lisensieer vir kommersial­isering. Dit is sodat Suid-Afrika baat vind by Bayer se afstanddoe­ning van die tegnologie.

KROONJUWEE­L

Die vrugteprod­usent Capespan gaan voortaan sy sagtesitru­s-aanbod onder ’n nuwe vaandel bemark om bekende handelsmer­ke, soos Cutie en Halo, die stryd aan te sê. Dit kom te midde van groeiende sagtesitru­s-volumes en handelsmer­ke wêreldwyd. Die nuwe handelsnaa­m, Outspan Gems, sal eksklusief vir sagtesitru­s (veral clementine, mandaryne en laat mandaryne) gebruik word wat Capespan in Suid-Afrika en die res van die wêreld produseer, verkry en bemark. Die Outspan-handelsmer­k het in 1936 ontstaan. Me. Adéle Ackermann, Capespan se groepshand­elsmerkbes­tuurder, sê Suid-Afrika se sagtesitru­s-aanbod sal na verwagting oor die volgende vyf jaar verdubbel.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa