Landbouweekblad

Volstruisb­edryf veg om oorlewing ná EU-verbod

- — NICO VAN BURICK en JOYLENE VAN WYK

PRES. CYRIL RAMAPHOSA moet nou besluit oor die lot van die geskorste direkteur-generaal van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye.

Dit was mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, se standpunt op ’n mediakonfe­rensie in Kempton Park oor die woelinge in sy depar departemen­t tement sedert hy mnr. Mike Mlengana sowat ’n maand gelede van sy magte gestroop het.

Zokwana het ontken daar is ’n bestuursva­kuum in sy departemen­t sedert dié nuutste optrede teen Mlengana.

Hy sê die Hooggeregs­hof in Pretoria het dit vroeër duidelik gemaak dat die magte om ’n rekenpligt­ige amptenaar te skors of te dissipline­er by die President berus.

“Daarom word die kwessie nou deur die President gehanteer en ons kan nie verder daaroor kommentaar lewer tot dit afgehandel is nie.”

Sy stelling kom teen die agtergrond van ’n ondersoek deur die Valke ná korrupte praktyke in die departemen­t wat reeds etlike weke aan die gang is. Dáároor het Zokwana egter by die konferensi­e geswyg.

VERSUUR

Zokwana sê dit is algemeen bekend dat die verhouding tussen hom en Mlengana oor ’n tydperk versuur het. Dit spruit volgens hom uit ’n opdrag aan Mlengana om amptenare aan te kla weens die onregmatig­e toekenning van ’n tender oor die verspreidi­ng van perlemoen.

Zokwana sê Mlengana het geweier om teen die amptenare op te tree. Hy is toe geskors weens insubordin­asie.

Mlengana het egter destyds aan Landbouwee­kblad gesê sy skorsing hou verband met sy weiering om kontrakte te bekragtig wat nie deur die behoorlike tenderpros­esse is nie.

Skaars twee maande ná die Hooggeregs­hof Zokwana beveel het om Mlengana se skorsing op te hef het Zokwana hom van sy gedelegeer­de magte ontneem.

“Ek skenk op die oomblik aandag aan die kwessie van senior bestuurder­s wat onlangs geskors is sonder dat ek as minister daarin geken is – veral die skorsing van me. Siphokazi Ndudane, adjunkdire­kteur-generaal van visserye.

“Adjunk-direkteurs-generaal se aanstellin­g sis, anders asande r bestuur s aanstellin­gs ,’ n kabinet s proses, en daarom moet die minister geken word as daar kwessies oor moontlike wangedrag ontstaan.”

Hy sê dit is in die lig daarvan dat hy Mlengana se gedelegeer­de, uitvoerend­e magte herroep het.

GEEN KOMMENTAAR

Volgens Mlengana het hy Ndudane en ander amptenare in die voorkomend geskors sodat hy ’n ondersoek na ongerymdhe­de binne die departemen­t visserye kon laat doen.

Landbouwee­kblad probeer reeds die afgelope twee weke tevergeefs om by die departemen­t en die Presidensi­e klarigheid te kry oor die omstandigh­ede rondom Ndudane se skorsing en heraanstel­ling. Ingeligtes beweer sy is wéér geskors nadat Zokwana haar skorsing tersyde gestel het.

G’N NADEEL

Zokwana sê sy en Mlengana se konflik benadeel nie die departemen­t se werk nie.

“Ons het toegewyde en profession­ele personeel wat hard werk om mense se lewe te verbeter. Solank almal die departemen­t se mandaat verstaan, behoort daar nie probleme te wees nie.”

Hy sê ’n taakspan ondersoek tans hoe om die departemen­t se onderskeie afdelings meer vaartbelyn te strukturee­r. “Daar is byvoorbeel­d nie afsonderli­ke eenhede vir voedselsek­erheid binne die landbou, visserye en bosbou nodig nie. Een afdeling kan na ál drie vertakking­e omsien.”

Sowat 12% van die poste in die departemen­t is op die oomblik vakant.

Landbouwee­kblad probeer reeds etlike weke lank sonder sukses kommentaar kry van die departemen­t oor bewerings van korrupsie in sy visserye-afdeling.

 ??  ?? Mnr. Mike Mlengana
Mnr. Mike Mlengana
 ??  ?? Mnr. Senzeni Zokwana
Mnr. Senzeni Zokwana

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa