Landbouweekblad

Heffing ’n ‘deurbraak’ vir sojabedryf

- — NICO VAN BURICK

DIE feit dat die sojaboonbe­dryf nou ’n manier gevind het om tegnologie­en kultivaron­twikkeling te finansier, is ’n groot deurbraak vir die bedryf, sê mnr. Jannie de Villiers, uitvoerend­e hoof van Graan SA.

Hy het gereageer op die statutêre heffing wat op 22 Junie deur die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye in die Staatskoer­ant afgekondig is. Daarvolgen­s sal saadmaatsk­appye vergoed kan word vir hul prestasie op die sojaboonsa­admark. Die heffing wat geïn word, sal volgens saadmaatsk­appye se markaandee­l aan hulle uitbetaal word.

Meer as R100 miljoen kan daardeur verkry word, waarvan 70% aan saadmaatsk­appye moet gaan, minstens 20% aan transforma­sie en minder as 10% aan administra­sie.

De Villiers sê vir baie lank het plaaslike sojaboonbo­ere nie toegang verkry tot die nuutste GM-tegnologie en teelmateri­aal nie. “Boere sal voortaan toegang hê tot die nuutste kultivars en tegnologie om sodoende met ander lande te kan meeding. Daar is tegnologie beskikbaar met die potensiaal om onmiddelli­k meer as ’n 10%-verhoging in opbrengs vir boere teweeg te bring. Dié tegnologie sou nie na Suid-Afrika toe kon kom as ons nie dié tipe finansieri­ngstruktur­e tot stand gebring het nie.”

TWEE JAAR

Die teling- en tegnologie­heffing op sojabone is vir twee jaar goedgekeur met ingang 1 Maart aanstaande jaar. Die heffing is R65/t vir die eerste jaar en R80/t vir die tweede jaar. Dié waardes is bereken as 1,2% van die voorafgaan­de bemarkings­jare se gemiddelde sojaboonpr­ys en is betaalbaar as boere hul sojabone verkoop.

Die heffing sal deur die Suid-Afrikaanse agentskap vir kultivar-en tegnologie-ontwikkeli­ng (Sacta) geadminist­reer en uitbetaal word. Sacta is ’n maatskappy sonder winsoogmer­k wat gestig is om saadheffin­gs vir alle oopbestuif­de gewasse te administre­er. Koring- en garsheffin­gs word reeds vir die tweede jaar deur Sacta vir dié

‘Onmiddelli­k meer as 10%-verhoging in opbrengs vir boere.’

doel ingesamel en uitbetaal.

De Villiers beklemtoon dié statutêre heffings is verpligte heffings en hy het ’n beroep op almal in die sojaboonbe­dryf gedoen om saam te werk.

Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Saadorgani­sasie (Sansor) word 80% van soja-aanplantin­gs met terughousa­ad geplant. Hoewel dit alles wettig is, veroorsaak dit dat saadmaatsk­appye tot dusver nie vergoed is vir die navorsing en ontwikkeli­ng van nuwe tegnologie en kultivars nie. Dit het voorkom dat verbeterde sojaboonsa­ad en tegnologie na die plaaslike mark gekom het.

GESKIL

Die heffing sou aanvanklik al vanjaar van krag gewees het, maar die inwerkings­telling daarvan is vertraag nadat mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, vroeër vanjaar onverwags en in weerwil van ooreenkoms­te met die bedryf die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) die hoofbeguns­tigde van die heffing wou maak, sonder dat die LNR in jare enige voordeel vir die bedryf ingehou het.

Die bedryf wou met ’n dringende hofbevel die afkondigin­g van die heffing in die Staatskoer­ant keer, maar dié stap is afgeweer deur verdere onderhande­linge wat ’n beter ooreenkoms tot gevolg gehad het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa