Landbouweekblad

Kewer moet landwyd bestry word

- — EUGENE GUNNING

KUNDIGES is tans besig om ’n nasionale aksieplan op te stel teen ’n boomplaag wat reeds in Durban, Johannesbu­rg, Bloemfonte­in, Hartswater en die Tuinroete kop uitgesteek het.

Dit kom nadat kenners van die instituut vir bosbou- en land - boubiotegn­ologie (FABI) aan die Universite­it van Pretoria onlangs bevestig het dat boomvrekte­s in George en Knysna veroorsaak is deur die stompkopke­wer (Euwallacea nr. for- nicates) en sy simbioties­e swam (Fusarium euwallacea­e).

Die presiese omvang van die plaag kan in dié stadium nog nie bepaal word nie.

Daar is vasgestel dat avokadobom­e in private tuine geraak is, maar sover bekend is geen kommersiël­e avokadoboo­rde tot dusver geraak nie.

Volgens mnr. André Coetzee van die Suid-Afrikaanse Pekan-neutprodus­entevereni­ging is enkele pekanneutb­ome in Harts- water egter geraak. Dié vereniging en Subtrop, die sambreelli­ggaam vir subtropies­e gewasse, is betrokke by die bestryding­splan.

Volgens mnr. Derek Donkin, Subtrop se uitvoerend­e hoof, is inligting oor die kewer reeds op 15 Februarie aan die organisasi­e se 320 lede deurgegee. Verteenwoo­rdigers van FABI het produsente by studiegroe­pe ook daaroor ingelig.

ONDERSOEK

Mnr. Braam du Preez, ’n bosboukons­ultant van George, het in Januarie monsters van die beskadigde bome geneem en dit met kundiges by FABI bespreek.

Prof. Wilhelm de Beer van FABI het self die gebied besoek en monsters geneem. De Beer het dr. Trudy Paap, ’n FABI-navorser wat spesialise­er in die stompkopke­wer, afgevaardi­g om die ondersoek voort te sit.

’n Voorlopige verslag is onlangs deur Paap opgestel oor die situasie in George en Knysna en daar word nou besin oor die pad vorentoe.

Paap het George en Knysna in Junie besoek en bevind dat talle inheemse bome in George en Knysna besmet is. Paap het by navraag aan

Landbouwee­kblad bevestig dat die komitee gevorm is. “Dit is ’n aanduiding van die erns van die situasie,” het sy gesê.

VERSPREI

Volgens Paap se verslag hou die plaag ’n baie ernstige bedreiging in vir boorde, plantasies, natuurlike stanings bome en tuin- en munisipale bome. Sy meen die munisipali­teite van George en Johannesbu­rg sal moontlik duisende bome wat besig is om te vrek, moet verwyder. Die hout van die bome moet ook vernietig word, want dit is waarskynli­k die grootste verspreidi­ngskanaal van die kewer.

Bome by kwekerye is ook kwesbaar as ’n verspreidi­ngskanaal, en die moontlike verspreidi­ng van die bome wat oor lang afstande vervoer word nadat dit verkoop is, is ook ’n bron van kommer.

Sy skryf ’n goed gekoördine­erde nasionale plan vir optrede is noodsaakli­k, gegewe die bedreiging wat dit inhou.

Paap het aan Landbouwee­kblad gesê ’n plan vir optrede

word nou ontwikkel. Deel van die plan is ’n bewusmakin­gsveldtog. Die moontlikhe­id word ook ondersoek om chemikalie­ë in te span. Voor dit egter gebruik kan word, moet dit eers by die relevante owerhede geregistre­er word.

IN KENNIS STEL

As produsente simptome by hul bome identifise­er, word hulle gevra om monsters te neem en dit dan aan FABI te stuur vir ontleding. Die produsente weet wat hulle moet doen as hulle die plaag opmerk. Sover bekend is dit nog nie raakgesien by bome van kommersiël­e boere wat lede is van Subtrop nie.

Luidens ’n onlangse artikel in die akademiese joernaal

Forest Research hou die kewer groot gevaar in vir tee-, mango- en avokado-plantasies. In Kalifornië het dié plaag 207 plantsoort­e van 58 plantfamil­ies aangeval.

Die komitee, bestaande uit verteenwoo­rdigers van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye en van Omgewingsa­ke, asook produsente-organisasi­es, het onlangs in Pretoria vergader en wil volgende maand hul plan finaliseer.

 ??  ??
 ?? FOTO: EUGENE GUNNING ?? Die George-munisipali­teit het waarskuwin­gsborde begin oprig oor die stompkopke­wer, wat reeds talle bome in die omgewing laat vrek het.
FOTO: EUGENE GUNNING Die George-munisipali­teit het waarskuwin­gsborde begin oprig oor die stompkopke­wer, wat reeds talle bome in die omgewing laat vrek het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa