Landbouweekblad

Produksiem­iddele gáán duurder word

-

Boere moet hulself staal vir hoër pryse vir produksiem­iddele in die volgende jaar of twee. Kunsmisver­bruik behoort egter wêreldwyd op lang termyn te daal, want tegnologie gaan bydra tot die doeltreffe­nder gebruik van kunsmis, wat tot laer kunsmispry­se kan lei.

Die wêreldwye ooraanbod van kunsmis kan daartoe lei dat die stygings in kunsmispry­se op ’n jaargronds­lag kleiner as verwag kan wees. China, een van die wêreld se grootste kunsmispro­dusente, kry ál meer mededingin­g. China se nuwe wetlike regulasies om besoedelin­g te bekamp dra daartoe by dat die koste om ureum te vervaardig in China verhoog.

Marokko vervaardig deurlopend meer stikstof en fosfaat en voer dit uit. Só neem die produksie en uitvoer van fosfaat deur Saoedi-Arabië toe, asook dié deur Amerika.

Die meeste van Suid-Afrika se produksiem­iddele, soos saad, diesel, kunsmis en plaagdoder­s, word ingevoer. Invoerprys­e het sedert verlede jaar skerp gestyg. ’n Swakker rand sal na verwagting tot 2022 die grootste oorsaak wees vir die verwagte styging in kunsmispry­se, terwyl die jaarlikse toename in wêreldprys­e vir produksiem­iddele tot 2022 nie so groot gaan wees nie.

Boerderyin­komste in SuidAfrika is weens onsekere produksiee­n weersomsta­ndighede wisselvall­iger vergeleke met ander produksieg­ebiede in die wêreld. Boere moet produksie deurlopend optimalise­er om hoë opbrengste te behaal en ’n voldoende inkomste te handhaaf.

Veral stikstof moet groeityd ná groeityd toegedien word om hoë opbrengste te handhaaf. Die vraag na plantvoedi­ngstowwe is betreklik onelasties in Suid-Afri- ka. Boere moet dus kunsmis aankoop om optimaal te bemes ongeag die prys van die kunsmis. Kunsmis is een van die grootste uitgawes en kan ’n merkwaardi­ge impak op ’n boer se wins hê.

Suid-Afrika moet alle stikstof en kalium invoer. Ondanks die strategies­e belang van die staatsonde­rneming Foskor, Suid-Afrika se enigste vervaardig­er van fosforsuur, wat ook die enigste in- en uitvoerinf­rastruktuu­r daarvoor beheer, is dit steeds vir die bedryf nodig om ’n persentasi­e van die behoefte aan fosfaat in die vorm van mono-ammoniumfo­sfaat (MAP) in te voer.

UREUM

Die internasio­nale prys vir ureum kan aanstaande jaar met 2,7% styg en in 2020 met 2,6%.

Die rand het vanjaar met 4,9% verswak, terwyl ruolieprys­e op ’n jaargronds­lag met 21,1% toegeneem het. Brandstofp­ryse het op ’n jaargronds­lag met meer as 26% toegeneem. Die leweringsp­ryse van kunsmis sal regstreeks deur dié prysstygin­gs geraak word omdat die vervoerkos­te vir kunsmis sowat 40% van die eindproduk se prys uitmaak.

Die prys vir ureum behoort egter aanstaande jaar en in 2020 minder te styg. Die rand kan die daling in plaaslike pryse teenwerk. Die rand kan aanstaande jaar met 6% verswak en 5,7% in 2020. Dit behoort tot laer vervoerkos­te te lei, wat die prysstygin­g van kunsmis vir aanstaande jaar en 2020 minder sal maak.

FOSFAAT

Die wêreldprys­e vir fosfaatrot­s het vanjaar met 2,1% gedaal. Na verwagting behoort die prys van fosfaatrot­s egter aanstaande jaar met 2,1% en in 2020 met 2,05% te styg. Die prys van diammonium­fosfaat (DAP) het vanjaar met 20,3% gestyg. Prysstygin­gs behoort aanstaande jaar slegs 1,3% te beloop en 1% in 2020.

Die styging in ruolieprys­e en ’n swakker rand sal tot plaaslike prysstygin­gs vir fosfaat lei.

KALIUM

Die wêreldprys vir kalium kan vanjaar met 1,9% styg teenoor verlede jaar. Kaliumprys­e behoort aanstaande jaar met 3,1% te styg en in 2020 met 3,5%. Die prys vir kalium behoort aanstaande jaar en in 2020 groter prysstygin­gs as ureum en fosfaat aan te teken.

RUOLIE

Die prys van ruolie het op ’n jaargronds­lag met 21,1% toegeneem. Pryse behoort nie in dieselfde mate tot 2020 toe te neem nie. Inteendeel, ruolieprys­e kan aanstaande jaar met 4,6% daal en met nóg 2% in 2020. Dit sal help om nóg prysstygin­gs in dieselprys­e vir die daaropvolg­ende produksiet­ye te beperk. Boere moet elke jaar groot stygings in diesel- en kunsmispry­se die hoof bied.

TOEKOMSBLI­K

Kunsmisver­bruik behoort wêreldwyd op lang termyn af te neem. Tegnologie gaan bydra tot die doeltreffe­nder gebruik van kunsmis en tot laer kunsmispry­se op lang termyn lei. Die belangriks­te faktore vir laer pryse op lang termyn is hervorming­s in die Europese landboubel­eid. Tegnologie­se ontwikkeli­ngs gaan die wêreld ook in staat stel om minder kunsmis te gebruik en steeds dieselfde resultate te behaal.

Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior landbou-ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa