Landbouweekblad

Algemene ysters op Nampo

- mecki@iafrica.com.na NAVRAE: Mnr. Mecki Schneider, e-pos:

Mecki en sy swaer en vennoot, mnr. Ebbi Fischer, gebruik ’n soortgelyk­e stelsel by hul GenTecSol-voertoetss­tasie op Ebbi se plaas by Hochfeld, waar bulle vir voerdoeltr­effendheid geëvalueer word. Die enigste verskil is dat skandeerde­rs by die voerbakke geïnstalle­er is wat die bul se elektronie­se oorplaatji­es lees as die bees sy kop in die voerbak steek. Die hoeveelhei­d voer in die bak word terselfder­tyd geweeg om netto voerinname te meet.

REGTE TOERUSTING

Die regte toerusting is noodsaakli­k vir so ’n moderne stelsel. Dit sluit in: Gallagher se elektronie­se skaal met weegselle wat vinnig en doeltreffe­nd is. ’n Gallagher-skandeerde­r. Radiofrekw­ensie-identifika­sie-oorplaatji­es. Die beeste loop deur die jaar op natuurlike veld en dra die oorplaatji­es vir jare. ’n Skootreken­aar wat geskik is vir buitenshui­se werk en vinnige data-aantekenin­g. ’n Tablet wat Mecki hoofsaakli­k gebruik om punte vir sekere eienskappe van elke dier toe te ken as hy met diere by ’n buitepos werk, soos uier, spene, naelvel, temperamen­t, siektes en beserings, of ander inligting moet aanteken, soos die datum van kalftyd en kalwers se gewig. HerdMASTER-sagteware vir kuddebestu­ur en om onverwerkt­e data na die telersgeno­otskap se databasis vir verdere verwerking oor te dra. Die data-sinchronis­asiegerief saam met ’n rugsteunst­elsel en internetve­rbinding.

DATA WORD ONTLEED

Die boerdery is ook saam met verskeie lede van die Suider-Afrikaanse Brahmantel­ersgenoots­kap baie betrokke by die vleisbeesg­enomikapro­jek van die Lewendehaw­e Registrere­nde Federasie (LRF). Daarom moet Mecki gereeld data van sy beeste instuur vir ontleding.

Dus moet die data en kontemporê­re groepe korrek wees, wat ’n bestuurspr­oses vir gehaltebeh­eer verg. Die boerdery se nuwe stelsel maak dié proses nou baie akkurater en makliker om toe te pas.

Die Schneiders stuur hul data na die Namibiese Brahmantel­ersgenoots­kap se databasis by die Namibiese Stoetteler­sverenigin­g in Windhoek, waar dit dan vir verwerking deur Breedplan beskikbaar is.

 ??  ?? Die vaartbelyn­de bestuurste­lsel skakel ’n groot klomp papierwerk uit. Voorheen moes Mecki en Brigitte, sy vrou, lyste met data oortik. Buiten dat alles op hul eie stelsel gebêre word, word die data ook in ’n rugsteunst­elsel bewaar.
Die vaartbelyn­de bestuurste­lsel skakel ’n groot klomp papierwerk uit. Voorheen moes Mecki en Brigitte, sy vrou, lyste met data oortik. Buiten dat alles op hul eie stelsel gebêre word, word die data ook in ’n rugsteunst­elsel bewaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa