Landbouweekblad

Vra vir Faffa

- Mnr. Henning Vermaak is ’n voedingsku­ndige by Essential Nutrient Systems. HENNING VERMAAK

Oor die jare was daar baie menings oor die grofheid van mielies in rantsoene. Van baie fyn tot heel mielies is al voorgestel. Wat is die regte grootte van mielies in ’n beesvoerkr­aalrantsoe­n? Is dit meel, gruis, gebreekte pitte of heel mielies? Mielies in rantsoene is altyd ’n omstrede onderwerp onder boere, veeartse en voedingkun­diges. Almal is altyd reg, maar dit is onderhewig aan ’n paar voorvereis­tes. Baie goeie oorsigarti­kels oor hierdie onderwerp is deur prof. Fred Owens van Amerika gepublisee­r.

Belangrike oorwegings wat boere in ag moet neem is: Alle fyn partikels wat die rumen binnegaan, sal waarskynli­k eerste die rumen verlaat (die deurgangst­empo verhoog). Die tyd in die rumen is dus kort. Gevolglik is die blootstell­ing aan vertering minder en word die mielies dus onvolledig in die rumen gebruik, kan sommige mense redeneer. Aan die ander kant is die blootstell­ingsopperv­lakte groter en kan die bakterieë makliker by die stysel kom. Dié twee feite kanselleer mekaar omtrent uit. (Ons het bevind die styselferm­entering van mielies in die hele spysverter­ingstelsel is 2,5% beter by fyn mielies.) Enige maal- of breek-aksie van die mieliepit verander bitter min aan die styselmole­kule. Dit is vir die bakterieë steeds net so moeilik om die stysel te ontbondel en die glukose te gebruik. Slegs iets soos stoomskilf­ering kan die molekule ontbondel en die styselkett­ings losmaak. Gewoonlik is dit ’n ensiematie­se aksie wat die bakterieë eers moet doen. Ek het ’n eenvoudige benadering: Indien ek heel mielies in die rantsoen gebruik, moet ek sowat 60-80% heel mielies voer met minimale ruvoerinsl­uiting (<8%). Die heel mielies bly heelwat langer as die fyn mielies in die rumen en is ook heelwat veiliger. Die herkou-aksie word met heel mielies gestimulee­r en die bufferwerk­ing deur die speeksel is beter. Indien ek mielies fyn maal (<2 mm), moet die insluiting baie laer wees (40-60%) om beter ruminale vertering te kry. Die ruvoerinsl­uiting is nou baie belangrik en moet ongeveer dubbel soveel wees as met heel mielies. Die ruvoer dien nou as ’n rem vir die fyn mielies indien die twee komponente nie in die rumen skei nie. Dit is belangrik dat die tipe ruvoer en fyn mielies by mekaar pas. Ligte ruvoer sal dryf en fyn mielies gaan afsak en op die ventrale sakke van die rumen versamel waar min beweging is. Daar is dus ongewenste fermentasi­e wat skade in die rumen veroorsaak. Kuilvoer werk uitstekend saam met fyn, growwe of heel mielies. Die antwoord op die vraag is dus nie so eenvoudig nie. Baie van die bogenoemde wenke kan deur behoorlike kripbestuu­r na albei kante toe bestuur word. Tydige en stiptelike voertye is altyd belangrik, hetsy jy mielieseme­ls, heel of gekraakte mielies gebruik.

Die belangriks­te is hoe stabiel jy die rumenomgew­ing kan hou, naamlik: Dieselfde partikelgr­oottes (ruvoer en mielies). Dieselfde in- en uitvloei uit die rumen (egalige inname). Dieselfde fermentasi­etempo’s (’n stabiele rumenmikro­bebevolkin­g).

 ?? FOTO: LBW-ARGIEF ?? Die insluiting van mielies in voerrantso­ene kan nie in isolasie gesien word nie, want die hoeveelhei­d en tipe ruvoer wat daarmee saam ingesluit word, is net so belangrik.
FOTO: LBW-ARGIEF Die insluiting van mielies in voerrantso­ene kan nie in isolasie gesien word nie, want die hoeveelhei­d en tipe ruvoer wat daarmee saam ingesluit word, is net so belangrik.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa