Landbouweekblad

Wat eet ons vanaand?

-

Strata is ’n vullende brood-, kaasen eiergereg, amper soos ’n soutige broodpoedi­ng. Dit maak die lekkerste ontbyt of ligte aandete, is ryk en romerig, maar kinderspel­etjies om te maak. Wanneer ek dit vir ’n groot groep mense maak vir ontbyt, gebruik ek soms croissants pleks van brood – dis smullekker.

8 ekstragroo­t eiers 750 ml volroommel­k 3 ml elk sout en vars gemaalde swartpeper 5 ml aangemaakt­e mosterd 250 g gerookte ham, gesnipper 250 ml gerasperde cheddarkaa­s 250 ml gerasperde Gruyère-kaas 10 dik snye Italiaanse brood, soos ciabatta, in blokkies gesny

Klits die eiers, melk, sout, peper en mosterd goed saam. Sit die ham, kaas en broodblokk­ies in ’n groot, verseëlbar­e plastieksa­k en giet die eiermengse­l oor. Verseël en draai die sak ’n paar keer om sodat die brood die eiermengse­l kan absorbeer en sodat alles goed kan meng. Verkoel vir 30 minute.

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n losboomkoe­kpan van 22 cm met olie of botter. Sit die pan op ’n stuk foelie neer en vou die foelie styf om die basis van die pan (sodat die eier nie uitloop as die pan effens lek nie). Sit die pan op ’n bakplaat. Keer die inhoud van die sak uit in die voorbereid­e koekpan. Bak vir ongeveer 45 minute tot die bokant goudbruin en die binnekant deurgebak en ferm is. Laat staan vir ’n paar minute, keer die strata uit en sit voor met slaai. Lewer 8 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa