Landbouweekblad

Vrou se droom raak goeie besigheid

Nadat sy een nag gedroom het sy maak ’n piekniekko­mbers, het Marguerite van der Merwe van George die volgende oggend aan die werk gespring om dié droom te verwesenli­k.

-

Hoe het jou ondernemin­g sy ontstaan gehad?

Vyf jaar gelede het ons Vrystaat toe getrek en op Jacobsdal gaan woon. My jongste seuntjie, Schalk, was maar sewe weke oud. Ek was ’n heeltydse tuisteskep­per, maar met ’n hunkering om my eie ondernemin­g te begin. Ek het baie daaroor gebid en een nag droom ek ek maak ’n piekniekko­mbers. Die volgende oggend het begin navorsing doen en gou besef daar is ’n gaping in die mark vir die allerbeste piekniekko­mberse. As ma van drie het ek ook geweet aan watter vereistes so ’n kombers moet voldoen – dit moes klein kan opvou, maklik kan dra, masjienwas­baar, waterdig, mooi en funky wees. Die naaste materiaalw­inkel was ongeveer 60 km ver – in Kimberley – maar ek is die volgende dag soontoe om lap te gaan koop. Van daardie dag af was my lewe nooit weer dieselfde nie.

Wat moes jy doen om die ondernemin­g te bou?

Ek het aanvanklik op my eie Facebook-blad begin adverteer. Vriendinne het begin bestel en weer vir hul vriendinne van die komberse vertel. Sommer gou het ek ’n klein, maar winsgewend­e besigheidj­ie opgebou. Ek was dol oor wat ek doen – elke dag het ’n nuwe, mooi lap en ’n nuwe uitdaging gebring.

Ek kan skaars glo hoe die ondernemin­g oor die afgelope vier jaar gegroei het. Sedert verlede jaar stal ek twee keer per jaar in Johannesbu­rg uit by die Sarcda-handelseks­po. Ek het ook begin om korporatie­we komberse te vervaardig, waar ondernemin­gs se logo’s op die kombers se sakkie geborduur word. Dit is ’n bemarkings­geleenthei­d vir ondernemin­gs wat die komberse as korporatie­we geskenke weggee.

Vanjaar het ek verder uitgebrei en verskaf tans komberse aan 16 winkels reg oor Suid-Afrika.

Het jy ’n groot span wat jou help?

Tans doen ek alles self – van bemarking, fakture uitstuur, geld invorder, produkte maak en verpak tot versend. Ek het darem ’n fabriek wat help met die groot, korporatie­we bestelling­s.

Was dit moeilik om ’n nuwe ondernemin­g te finansier?

Ek het van die begin af wins gemaak. Dit het baie gehelp dat ek klein begin het en saam met my ondernemin­g gegroei het. Ek het nie te vinnig te veel probeer doen nie. Ek het ook my huiswerk deeglik gedoen voor elke groot besluit.

Was daar ander probleme langs jou pad?

Op Jacobsdal was die naaste materiaalw­inkel ver, maar twee jaar nadat ek begin het, het ons George toe getrek, waar my man ’n besproeiin­gsontwerpe­r is. Ons bly dus darem nou op ’n groter dorp.

Twee jaar gelede is lupus en rumatoïede artritis by my gediagnose­er. Dis ’n uitdaging, maar God gee my krag om die pyn te kan hanteer en dit help dat ek myself kreatief kan uitdruk.

Watter faktor was deurslagge­wend tot jou sukses?

Ek is ’n passievoll­e entreprene­ur, wat daarvan hou om nuwe dinge te leer. My produkte is pasgemaak – jy kan as ’t ware jou piekniekko­mbers “bou” uit ’n verskeiden­heid materiale en ontwerpe. Ek hou van veranderin­g en probeer om elke dan en wan ’n nuwe ontwerp bekend te stel – dit help ook met die na-apers, want hulle kan nie bybly nie!

Dis nie aldag maklik om ma en vrou te wees en boonop ’n ondernemin­g te bestuur nie. Hoe balanseer jy alles?

Dit werk vir my om my kinders, Mienke (11), Wouter (9) en Schalk (5), saam met my ondernemin­g groot te maak. Hulle sit by my en huiswerk doen en speel voor my kantoordeu­r. Ek is altyd daar, maar hulle leer ook om hulself onafhankli­k besig te hou.

Wat is jou toekomspla­nne?

Ek het vreeslik baie planne. Oor tien jaar moet Piekant Picnic ’n huishoudel­ike naam wees. Ek beoog ook om oorsee uit te stal en my produkte na internasio­nale markte uit te brei. Ek weet dis groot drome, maar met God is niks onmoontlik nie.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Marguerite van der Merwe en haar man, Wiehan, hou piekniek saam met hul kinders, Schalk, Mienke en Wouter. BO: Mooi én prakties – dís die belangriks­te kenmerke van Piekant Picnic se komberse.
FOTO’S: VERSKAF Marguerite van der Merwe en haar man, Wiehan, hou piekniek saam met hul kinders, Schalk, Mienke en Wouter. BO: Mooi én prakties – dís die belangriks­te kenmerke van Piekant Picnic se komberse.
 ??  ??
 ??  ?? ONDER: Nuwe ontwerpe sien gereeld die lig en dis moontlik om ’n pasgemaakt­e kombers te bestel.
ONDER: Nuwe ontwerpe sien gereeld die lig en dis moontlik om ’n pasgemaakt­e kombers te bestel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa