NEEM KENNIS VAN AFRI BEEF
Original Afri Beef het ’n nuwe, opwindende hoofstuk ingelui. Dr. Pieter de Kock, voorsitter van die Afrikanerbeestelersgenootskap, sê die Afrikanerbees het van die beste vleis in Suider-Afrika en die vraag na dié vleis styg onder beesvleisliefhebbers. Om op ’n haalbare, volhoubare wyse in hierdie verhoogde vraag te voorsien, is Original Afri Beef as ’n gehalteproduk by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye geregistreer.
Vernuwende sakebeginsels en bestepraktykprosesse is in werking gestel om te verseker dat Afrikaners se rasegtheid geneties geverifieer en ’n produk van goeie gehalte aan die mark gelewer kan word, met volle naspeurbaarheid oor die hele waardeketting. ’n Gehaltestempel word op die betrokke vleis aangebring om aan te dui dat dit volgens die goedgekeurde protokol vir beste praktyk geproduseer is.
Volgens navorsing van die Landbounavorsingsraad het Afrikanerbeesvleis ’n fyn grein en het die ras die hoogste voorkoms van die dubbele sagtheidsgeen van al die beesrasse in Suider-Afrika. Die gehalte en snyweerstandsagtheid ná veroudering vergelyk gunstig met dié van Europese rasse. Daarbenewens het vleis van vrylopende beeste met ’n natuurlike rantsoen, soos wat die geval met Afri Beef is, algemeen ’n beter balans tussen
16
vitamien A, omega 3- en omega 6-vetsure en gekonjugeerde linoliensuur per porsie as dit met die vleis van graangevoerde beeste vergelyk word, sê Pieter. DIt is dus heerlike, gesonde, natuurlike beesvleis.
Om te bepaal of die beloofde smaakplesier werklik so buitengewoon is, is Afrikanerbeesvleis getoets teen twee van die bekendste topgehaltevleisbeesrasse, die Wagyu en die Angus.
Tydens die Milhaus Stellenbosch Steak Challenge in Februarie verlede jaar het 22 gaste drie gange vleisgeregte van die drie verskillende beesrasse geproe. Onder die gaste was vier sjefs, drie restauranteienaars en twee slagters. Eindelik is die telkaarte ingesamel, en die Afrikanerbeesvleis het met net vyf punte minder as die Wagyu in die tweede plek geëindig. Die uiteindelike puntetelling is uit ’n moontlike 1 100 punte bereken en was as volg:
■ Wagyu: 977 punte. ■ Afrikaner: 972 punte. ■ Angus: 887 punte.
Wagyu-vleis verhandel teen ’n baie hoë prys. Die Afrikaner is ten opsigte van gehalte en smaak net-net onder die Wagyu, maar is bekostigbaar vir die publiek, aldus mnr. Johan Pienaar van Let’s Meat.
PRODUKSIEBEGINSELS
Die produksie van Original Afri Beef word deur die volgende beginsels gelei: ■ Die lewering van hoëgehaltebeesvleis aan die vleisliefhebbersmark deur die beste praktyk te verseker reg deur die waardeketting. ■ Bestuursbeginsels om stres te verminder en aan die vereiste gesondheidstandaarde te voldoen. ■ Die menslike hantering van
beeste. ■ Die verantwoordelike gebruik van veeartsenykundige middels. ■ Vrylopende beeste. ■ ’n Verbod op die gebruik van hormonale of steroïedgroeiinplantings. ■ ’n Verbod op die voer van
dierlike neweprodukte. ■ Naspeurbaarheid dwarsdeur
die waardeketting. ■ Sistematiese ouditering deur ’n onafhanklike party, die Suid-Afrikaanse Vleisbedryfsmaatskappy (Samic), dwarsdeur die hele waardeketting. ■ Voorsorgmaatreëls om te voorkom dat siektes in ’n lewendehawekudde ingebring word. Die Kantoor van die Afrikanerbeestelersgenootskap, onder leiding van me. Lauren James, verseker naspeurbaarheid deur die diere, wat almal genommer is, voor slagtyd te kontroleer en Afrikaner-egtheid te beheer. Die vleis word deur Johan ryp gemaak, gemerk, verpak en versprei.
Pieter sê Original Afri Beef bied nie net voordele vir die verbruiker nie, maar ook vir die produsent.
“Dit bied die geleentheid om by ’n gestruktureerde program aantesluitwat’nraamwerk bied om waarde tot die produsent se produk (beesvleis) te voeg en wat ’n premie en gevolglik groter wins in sy besigheid tot gevolg het.” afcattle@intekom. 078 791 1880. Bylae tot Landbouweekblad