Nuwe tegnologie skep nuwe geleenthede in landbou Tegnologie is besig om landbou te herskep.
“Om aan die wêreldwye groeiende vraag na voedsel, brandstof en veselstowwe te voldoen, moet boere meer produseer met minder,” sê Adam Olivier, FieldNET-diensbestuurder van Lindsay Africa. “Tegnologie maak dit vir boere makliker om presies dit te doen - dit is ‘n belangrike hulpmiddel om doeltreffendheid en produktiwiteit te verbeter.” Een van hierdie nuwe stukke tegnologie is FieldNET® deur Lindsay, ‘n ten volle geïntegreerde draadlose bestuurshulpmiddel wat aan boere die vermoë bied om hul besproeiingstelsels van feitlik enige plek af te monitor en te beheer deur middel van ‘n skootrekenaar, tablet of slimfoon. Wanneer FieldNET by ‘n besproeiingstelsel geïntegreer word, kan boere enige van die volgende monitor en beheer:
• Spilpunte en laterale - volle beheer en monitering.
• Pompe - volle beheer en monitering.
• VRI - skep basiese varieerbare besproeiingsplanne vir elke land.
• Status - ontvang opdaterings in werklike tyd wat betref vloeistatus, druk, vloei, watervlak, krag en meer, vir groter doeltreffendheid, minder energiegebruik en minder slytasie.
• Gebruikersvlakke - pasgemaakte/onbeperkte gebruikersvlakke, bv. supergebruikers kry toegang tot moniterings- en beheerfunksies van die hele besproeiingstelsel, bestuurders kry toegang tot moniteringsen beheerfunksies van verkose land/sensors onder hul toesig, kykers kry toegang om slegs die status van verkose land/sensors wat op hulle van toepassing is te sien.
• Waarskuwings - ontvang pasgemaakte en omvattende hoë-, mediumof laevlakteks- of e-pos-waarskuwings indien daar probleme is soos instellingsfoute of laedruk-afskakelings. Hierdie waarskuwings kan pasgemaak word vir gebruikersvlakke. Op hierdie manier hoef ‘n plaaseienaar nie gepla te word met lae- of mediumvlakwaarskuwings wat nie krities is tot sy daaglikse bedrywe nie.
• Gebruikverslaglewering - skep pasgemaakte gebruiksverslae wat insig bied in al die werksaamhede en uiters waardevolle, goed voorgelegde data bied om boere te help om hul jaar-op-jaar-opbrengs, water, chemikalieë, kunsmis, krag, reënval en vele meer te verbeter.
• Monitor grondvog en weerstasies (opsionele hardeware nodig). Dien water en chemikalieë presies toe met ons nuutste presisie-VRI-oplossing (opsionele hardeware nodig).
• “FieldNET bied boere die inligting wat hulle nodig het om meer ingeligte besproeiingsbesluite te neem,” sê Olivier. “Hierdie bedryfsleidende tegnologie help boere om prestasievermoëns te maksimaliseer en langtermynbesparings op energie, water, chemikalieë en arbeid te realiseer.”
Vir boere met ouer spilpunte of spilpunte van verskillende handelsmerke, is
Pivot Control die antwoord om FieldNET se tegnologie te onsluit. Hierdie retropas-oplossing is ‘n bekostigbare en maklike manier om feitlik enige spilpunt toe te rus met volle afstandsbesproeiingsmonitering en beheervermoë. “Pivot Control bied operateurs een gebruikersraakvlak, ongeag die spilpunt se maak of beheerpaneel,” sê Olivier. “Deur ‘n enkele, konstante ervaring te bied, skakel Pivot Control die behoefte uit om veelvuldige besproeiingstelselhandelsmerke te bestuur, wat tyd spaar en die kans van bedryfsfoute uitskakel.” Die nuutste toevoeging tot die lyn spilpuntprodukte is Pivot Control Lite, ‘n meer kostedoeltreffende oplossing vir boere wat nie die meer premiumvermoë wat met die volledige Pivot Control-oplossing kom wil hê of nodig het nie. As ‘n spilpunt-endgemonteerde beheerder, is Pivot Control Lite eenvoudig en vinnig om te installeer, enige tyd van die jaar.
Wat is volgende?
Ander besproeiingsbeheeroplossings wat by die FieldNet-platform geïntegreer kan word sluit in FieldNet Advisor, wat vroeg in 2017 bekendgestel is. FieldNET Advisor is tans beskikbaar in Noord-Amerika en sal binnekort BETA-toet-sing in Suid-Afrika ondergaan. Dit bied boere die inligting wat hulle nodig het om vinniger, beter ingeligte besluite te neem oor wanneer, waar en hoeveel om te besproei. “FieldNET Advisor is die eerste ten volle toegemaakte sirkelstelsel wat besproeiingsbestuur vaartbelyn maak en spog met al jou sleutelinligting op een plek. FieldNET Advisor versamel veldinligting en kombineer dit outomaties met die toepaslike data (hibried-oesgroeimodelle, hiperplaaslike, hiperakkurate veldspesifieke weerdata, meer as 40 jaar se bewese wetenskaplike gewas- en besproeiingsnavorsing en VRIvoorgeskrewe kaarte wat dinamies geoptimaliseer is in werklike tyd om die vereiste hoeveelheid water regoor elke sone in die veld toe te pas) en verwerk alles dan in eenvoudige, maklik verstaanbare besproeiingsplanne,” sê Olivier. “Die boer kan daardie planne onmiddellik gebruik met die eenvoudige druk van ‘n knoppie op ‘n slimfoon, tablet of skootrekenaar.” *In onlangse veldstudies in Noord-Amerika het die gebruik van FieldNET-tegnologie gelei tot ‘n 3%-toename in mielie-opbrengste en ‘n 17%-vermindering in watergebruik. Daarby het navorsers ‘n aansienlike afname in energiekoste gesien. (*Gedetailleerde inligting oor hierdie gevallestudie kan verkry word by Adam Olivier van Lindsay Africa.) “Nuwe tegnologie, soos FieldNET, verander die manier waarop boere besproei. Dit help hulle om opbrengste te verbeter en terselfdertyd watergebruik en ander insetkoste te verlaag,” sê Olivier. “By Lindsay baan ons die weg om geïntegreerde oplossings te ontwikkel om boere te help om groter bedryfsdoeltreffendheid te bereik.”