PMA Afrikaner (bylae)
Die varsproduktebemarkingsvereniging PMA se Fresh Connections-konferensie en -handelskou vir Suider-Afrika in Augustus is dié geleentheid waar plaaslike en internasionale belanghebbendes in die varsproduktebedryf jaarliks byeenkom.
Die varsproduktebemarkingsvereniging PMA se Fresh Connections-konferensie word op 15 en 16 Augustus by die WNNR se konferensiesentrum in Pretoria gehou. “Groente- en vrugteprodusente moet markgerig optree om winsgewend en in die bedryf te bly. Die plaaslike
varsproduktebedryf het soveel opsies, maar ’n mens het ’n deeglike begrip daarvan nodig om die meeste daaruit te put,” sê me. Lindie Stroebel, algemene bestuurder van die varsproduktebemarkings
vereniging PMA Suider-Afrika. Vanjaar se tema is “Connect local, grow global”. Die PMA Fresh Connections bied verskeie geleenthede om nuwe sakegeleenthede te ontdek, handelsvennote te ontmoet of oplossings te vind. As ’n platform vir die jongste inligting oor markte, logistiek, bemarking, verpakking en handelsgeleenthede is die konferensie ’n móét vir produsente, markagente, handelaars en uitvoerders.
Hier volg enkele hoogtepunte.
15 AUGUSTUS
Benewens die uitstalling en konferensie sal vanjaar se program ook genoeg tyd inruim vir handelaars, produsente, markagente en ander belanghebbendes in die mark om kennis te maak en ven- nootskappe of sake-ooreenkomste te ondersoek (09:00-12:30).
Die nasionale tegniese werkgroep van die internasionale sertifiseringsdiens GlobalGAP kom ook op die eerste dag byeen (09:00-12:30).
Die PMA se Center for Growing Talent (CGT by PMA) bied ’n spesiale sessie vir loopbaangerigte vroue in die bedryf aan wat deur mee. Michelle Moss en Annelize van Rensburg gelei word (09:00-11:15).
Daarna volg die CGT by PMA se middagetesessie met adv. Thuli Mandonsela, voormalige openbare beskermer, as genooide spreker (11:15-13:00).
Die lesings en voorleggings begin om 14:00 in die Diamondouditorium. ’n Paneel kleinhandelaars gaan onder meer die toekoms van vars produkte in die kleinhandel bespreek. Op die paneel is mnre. Brian Coppin (Food Lover’s Market), Johan van Deventer (Freshmark), James Lonsdale (Spar) en Frikkie van Niekerk (Pick n Pay).
Van 17:00 tot 21:00 is daar nog skakelgeleenthede tydens die onthaal en aandvermaak.
16 AUGUSTUS
Tydens die PMA Young Professionals Breakfast gaan mnr. Brian Coppin, uitvoerende hoof van Food Lover’s Market, oor sy suksesverhaal praat (06:3008:00).
Lesings begin om 08:00 en eindig om 16:30. Die sprekers en onderwerpe is: Die Suid-Afrikaanse ekonomie se toekoms en die rol wat die varsproduktebedryf daarin speel: Mnr. Tommie van Zyl (ZZ2) en me. Thabi Nkosi (Afgri Groep Beherend). Groei in nuwe markte in China: Mnre. Mike Li (JD Fresh), Andy Zhang (WinChain/Yiguo) en George Liu (Frutacloud). Geborg deur Standard Bank. Landbouverwerking en die klem op tegnologie: Mnre. Micha van Lin (ITP Advisory. Services/Nederlandse ambassade) en mnr. Jack Vera (Nederlandse ambassade). Vars produkte se potensiaal in Afrika: Mnre. Cheyo Mwenechanya (FNB Zambia) en Jaco Oosthuizen (RSA Groep). Geborg deur FNB. Strategiese neigings in die plaaslike mark en besigheid. Geborg deur Aartappels SA. Die spreker sal nog bevestig word. Die toekoms van tegnologie en digitale transformasie: Mnre. Brett St Claire (Google Cloud; Siatik), Ed Treacy (PMA) en Mike Riley (Tomra Food/ Compac).