FOKUSGEBIEDE
Mnr. Thys Meyer, verteenwoordiger van die Lewendehawe Registrerende Federasie (LRF) en die vleis bees gen o mika projek, sê die Brahma n bees telersgenootskappe van SuidAfrika en Namibië sal na verwagting binne die afsienbare toekoms die voortou neem onder die LRFrasgenootskappe met die uitreiking van genomiese, beraamde teelwaardes.
Die vleis bees gen o mika projek sluit in die meting van voer omsettings doeltreffendheid en die insameling van karkas en vrugbaarheid s data ten einde: Die tempo van genetiese vordering te maksimaliseer deur die gebruik van seleksieindekse wat vir spesifieke produksiestelsels ontwerp is. Goeie genetiese skakeling oor verskillende kuddes en lande heen te vestig. ’n Uitgebreide verwysings bevolking vir elke deelnemende ras te skep. Data in te samel oor fenotipiese eienskappe wat moeilik of duur is om te meet. Die vleis bees gen o mika projekte koppel met soortgelyke programme in ander lande. Invloedryke bulle (stamvaders) en moeders in die genomiese verwysings bevolking vir dier aste identifiseer en in te sluit. Eienskap s definisies tussen betrokke lande te standaardiseer. Genetiese/genomiese evaluerings oor grense heen tussen samewerkende lande te bewerkstellig. Navorsing te doen in multiras, genomiese evaluerings. Die bestaande seleksieindekse vir rasse by te werk en seleksieindekse vir nuwe toetreders tot indekse te ontwikkel. ’n Nasionale databasis met goeie data wat vir navorsing geskik is, daar te stel en te gebruik. Die verhoogde deelname aan teelprogramme deur opkomende boere en die gebruik, toepassing en voordele van topteelmateriaal vir opkomende boere in Namibië en SuidAfrika te bewerkstellig.