Landbouweekblad

Gerrit van Zyl: Dís die beste winsmaatst­af vir grootvee

Wins met graanverbo­uing is ’n betreklik skoon som. Om jou veewins te bereken is daar letterlik ’n hand vol moontlikhe­de en om by die ideale norm uit te kom, is ’n effens ingewikkel­de dog interessan­te oefening.

- Gerrit van Zyl is ’n sakeman en besit die Hanzyl-Bonsmara-stoetery buite Dewetsdorp. Die stoetery het al talle pryse gewen. Van Zyl skryf die rubriek in sy persoonlik­e hoedanighe­id. Stuur navrae of kommentaar aan e-pos: gerrit@g-h.co.za

Ek was onlangs betrokke by ’n bedrywige, interessan­te gesprek oor wat die beste maatstaf is vir winsgewend­heid in ’n vleisbeeso­nderneming. As hierdie norm vleisbeesb­oere oor weidingsto­estande of selfs vastelande heen kan help om hul doeltreffe­ndheid met mekaar te kan vergelyk, kan ons 100% daarin slaag om die doel te bereik.

Wanneer graanboere oor graanprodu­ksie praat, verwys hulle na ton per hektaar. Die eerste vraag is altyd of dit op droëland of onder besproeiin­g verbou word. Op droëland is 10 ton dalk iets besonders, maar onder besproeiin­g is dit swak. In albei gevalle is hierdie net die een kant van die munt.

Die belangrike­r vraag is wat die koste was om daardie tonnemaat te lewer. Jy kan immers net wins uitbrei of op ’n heerlike vakansie gaan . . .

Dit is verbasend dat graanboere 10 t/ha tot 12 t/ha stroop en dan ’n produksiel­ening moet aangaan om weer te kan plant. Hoe werk dit? Al verklaring daarvoor is dat die koste buite verhouding hoog is. Dit is om dié rede dat minimumbew­erking veld behoort te wen. Jy stroop dalk minder tonne per hektaar, maar maak meer wins per hektaar. Dit is ’n moeilike kopskuif om te maak.

Daar is natuurlik meer faktore as net jou bewerkings­aanslag. Grondtipe en gewasselek­sie speel ook ’n groot rol. Maar dit daar gelaat wat saaibewerk­ing betref – ek beweeg op ’n terrein waarvan ek te min weet.

Waarna moet vleisbeesb­oere dan verwys? Produksie per hektaar, wins per hektaar, wins per grootvee-eenheid, wins per kilogram of opbrengs op belegging? Hoe moet die evaluering gedoen word? Moet jy net teen jouself meeding of kan ’n maatstaf ontwikkel word wat as norm kan dien; een waarmee vleisbeesb­oere van reg oor die wêreld kan identifise­er en waarteen hy sy doeltreffe­ndheid teenoor sy kollegas kan meet?

Daar is ’n behoefte aan albei. Normtoetsi­ng is wonderlik, maar eintlik is die mikpunt om jou eie ondernemin­g jaarliks winsgewend­er te maak, hetsy deur hoër produksie of laer koste – of albei.

WAT IS DIE PRODUKSIEP­OTENSIAAL VAN JOU GROND?

Toe ek 25 jaar gelede begin boer het, het ek baie gewonder oor hoe ek sal weet wanneer ek suksesvol is. Verder het ek baie vrae gehad oor die potensiaal van die gebied waarin ek boer.

As gevolg van my nuuskierig­heid en korporatie­we agtergrond waar wins en verlies in HOOFLETTER­S geskryf staan, het my siel nie gerus tot ek ’n manier kon kry waarmee ek die “produksiep­otensiaal” van my boerdery-eenheid kon meet nie.

Ek wou myself meet, maar het nie geweet waarteen nie. Ek het gewonder hoe ek myself kon vergelyk met ’n beesboer in KwaZulu-Natal, Namibië of selfs die Hoëveld. Omdat niemand vir my kon sê wat die produksiep­otensiaal van die Suid-Vrystaat is nie, het ek ’n metode gesoek om dit te kan meet. Dit moes ’n universele maatstaf wees waar geen verskoning betrokke is nie. Omdat ek ’n speenka lfstelsel bedryf het, was dít my vertrekpun­t.

Ná ’n lang kopkrapper­y, het ek die potensiaal as volg beskryf: Dit is die produksie-inkomste wat uit ’n speenkalfs telsel op ’n gegewe stuk grond, wat volgens biomassa belading ten volle gelaai is, verkry word. In hierdie stelsel speen elke grootvee-eenheid (GVE) elke 365 dae ’n kalf wat 50% van haar eie gewig sal wees.

Voorbeeld: Op 1 000 hektaar grond met ’n drakrag van 6 ha/GVE kan jy 167 koeie van 450 kg (= 1 GVE) aanhou met ’n volle veelading en as jy geen vervanging sverse terughou nie. Indien elke koei elke 365 dae 50% van haar eie gewig speen (’n kalf van 225 kg), is die potensiaal 38 kg/ha. Ek het dit as die norm beskou, oftewel’ n produksiep­otensiaal indeks( P PI) van 100( sien TABEL 1).

Omdat drakrag in berekening gebring word, kan jy ook beesboere se doeltreffe­ndheid oor vastelande heen teenoor mekaar meet. Jy kan ook ander produksies­telsels teenoor hierdie ideale maatstaf meet. Hier verwys ek na’ nos stelsel of’ n aanpassing sprogram (background­ing) of selfs vir skape.

DIE BELANGRIKH­EID VAN KOSTE

Nadat jy die produksiep­otensiaal vasgestel het, is die volgende belangrike vraagstuk wat dit gekos het om hierdie hoeveelhei­d kilogram per hektaar te lewer. Wanneer dit in berekening gebring word, kan die wins per hektaar bepaal word.

Met hierdie maatstaf (PPI) kan jy realisties bepaal wat ’n gebied se potensiaal is. TABEL 2 wys die verskille per streek. Die verklaring vir die verskille kan aan verskillen­de drakragnor­me toegeskryf word.

Verbasend min beesboere weet wat hul wins per hektaar is. In die studiegroe­p waaraan ek deelneem, is die verskille in wins per hektaar nogal groot. Dit kan deels toegeskryf word aan verskillen­de drakragnor­me, maar die grootste veranderin­g sluip in by die produksiek­oste.

Nes geenbewerk­ing ’n manier is om wins te verhoog, is die lae koste vir produksiem­iddele en ’n hoër belading ook ’n manier om wins te verhoog. Om 30% tot 50% meer totale kilogramme te lewer het ’n groter impak op wins as ’n klein verhoging in die individuel­e prestasie van diere. In sy geheel beskou, is die gesamentli­ke doeltreffe­nde prestasie van al jou diere beter as enkele rekordbrek­ers wat speengewig betref.

Dié kopskuif is nie maklik nie. Dit is moei- lik om minder klem te plaas op individuel­e prestasie en eerder na die totale kilogram vleis gelewer te kyk en uiteindeli­k die wins per hektaar uit te werk. Ek het altyd gehou van wins per kilogram, maar ná baie oorweging en hierdie gesprek besef ek dat wins per hektaar ’n beter maatstaf is.

As ons die “struikelbl­ok” van drakrag in berekening kan bring, is ons naby aan die ideaal. Ek noem dit ’n struikelbl­ok bloot omdat ons niks daaraan kan doen nie, tensy jy natuurlik trek na ’n gebied waar hierdie norm hoër is. Drakrag is tradisione­el beïnvloed deur reënval.

Ons sien nou dat ons dit ook met doeltreffe­nde weidingsbe­stuur kan verhoog, hoewel gebiedgebo­nde drakrag altyd ’n faktor sal bly buiten as ons dit in berekening bring en probeer neutralise­er.

Die punt waarby jy uiteindeli­k wil uitkom, is die wins op jou belegging. As jy R10 miljoen het om te belê, wat gaan jy daarmee doen? As jy grond en vee koop, moet jy tog beter vaar as die rente wat die geld in die bank sou verdien.

Doen moeite om jou wins per hektaar te bepaal en mik daarna om elke jaar te verbeter. Hierdie insig sal jou gou laat besef dat om jou beladingst­empo deur goeie weidingsbe­stuur te verhoog, saam met die natuur te kalf, met die regte tipe vrugbare diere te boer en jou koste in toom te hou, jou die beste geleenthei­d bied om suksesvol te wees.

 ?? FOTO: GERRIT VAN ZYL ?? Verbasend min beesboere weet wat hul wins per hektaar is. As jy met die “struikelbl­ok” van drakrag geworstel het en jou ideale veewins bereken het, is die stryd so te sê gewen.
FOTO: GERRIT VAN ZYL Verbasend min beesboere weet wat hul wins per hektaar is. As jy met die “struikelbl­ok” van drakrag geworstel het en jou ideale veewins bereken het, is die stryd so te sê gewen.
 ??  ??
 ??  ?? Die kopskuif is moeilik, maar as jy wegbeweeg van individuel­e prestasie en jou eerder toespits op die totale kilogram vleis gelewer, sal jy daarby baat vind.
Die kopskuif is moeilik, maar as jy wegbeweeg van individuel­e prestasie en jou eerder toespits op die totale kilogram vleis gelewer, sal jy daarby baat vind.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa