Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

NA aanleiding van pogings om die Grondwet te verander om onteiening van grond sonder vergoeding toe te laat, behoort daar ook ’n gesprek te wees oor wat gebeur ná die wysiging bekragtig word (indien dit ooit gebeur). Al is daar tans skynbaar meer Suid-Afrikaners wat dié wysiging wil hê as mense wat dit nie wil hê nie, is daar waarskynli­k groot meningsver­skille oor wat daarna met die onteiende grond gebeur: Wie sal die ontvangers wees, en hoe sal hulle dit ontvang?

Nie een van die antwoorde op dié vraag sal eenvoudig wees nie, en aan die einde van die proses kan talle mense steeds uiters gefrustree­rd en teleurgest­eld gelaat word.

Wat is die doel van onteiening? Om die ekonomie te laat groei, om behoorlike restitusie te maak vir die verlede, om ’n groep middelklas-boere te vestig of om kosproduks­ie te vergroot? Nie al hierdie doelstelli­ngs is onderling uitsluiten­d nie, maar moeilike besluite sal geneem moet word, en tot nou was daar weinig gesprekke daaroor. Pleks daarvan is eenvoudig aanvaar dat daar twee breë mikpunte moet wees – om restitusie vir die verlede te voorsien en terselfder­tyd op een of ander manier die ekonomie te laat groei.

Een onvermydel­ike besluit sal een of ander tyd geneem moet word: Gaan onteiende grond gegee word aan mense wat daardie grond verloor het tydens kolonialis­me of apartheid, of gaan dit gegee word aan mense wat tans niks het nie, en gaan dit dus gebruik word om hulle te help en moontlik die ekonomie uit te bou?

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa