Landbouweekblad

SKRYF VIR ONS EN WEN!

- JOHN DÜRR Malmesbury (Dié kwessie sal in ’n artikel in ’n latere uitgawe van LBW bespreek word. — Red.)

Het jy iets op die hart? Skryf gerus aan ons. Die wenbrief ontvang elke week R150 met die kompliment­e van BKB, asook ’n versamelaa­rswyn van Beyerskloo­f. Beyerskloo­f se Pinotage is ’n ikoniese Suid-Afrikaanse wyn. Die bonuswenbr­iefprys, ’n Magnumbott­el van Beyerskloo­f se 2016-oes, is deur die eienaar en wynpionier mnr. Beyers Truter geteken. Die droë oesjaar van dié gewilde, klassieke Pinotage het gelei tot ’n goed gestruktur­eerde, gebalansee­rde wyn. Sê jou sê in hoogstens 300 woorde. Stuur dit aan: Die Redakteur, Brieweblad, Landbouwee­kblad, Posbus 1802, Kaapstad 8000. Of faks dit na 021 406 2940 of gebruik e-pos: lbw@ landbou.com. Verskaf jou naam en adres, al wil jy ’n skuilnaam gebruik.

Vandeeswee­k se wenbrief is deur JOHN DÜRR geskryf.

as skaapvoerk­rale beskou word. Hierdie stelsels word egter in die meeste gevalle net tydens lamtyd gebruik en kan dus nie as sodanig as voerkrale geklassifi­seer word nie. Lammers word self afgerond of ná speentyd aan voerkrale verkoop.

In die Overberg is daar nou nog sulke plase met skape wat in klein kampies om die plaaswerf saamgehok word. Hulle sal eersdaags, wanneer die groen weiding voldoende raak ná goeie reën, op die weiding uitgejaag word. Later, ná die oestyd, sal hulle op die stoppellan­de loop. Daardie “voerkrale” sal dus aan die einde van die jaar nie meer bestaan nie.

Die vierde geval wat nou ná die goeie reën en volop groen weiding gebruik word, is dat ooie sommer op die groen weiding lam en die lammers daar grootmaak (met of sonder kruipvoedi­ng) tot die lammers vanaf die weiding bemark word. Daar is dus geen moontlike “voerkraals­telsel” nie. Hierdie stelsel is algemener in die Swartland en aan die Weskus (met net een jaarlikse lamtyd) as in die ander streke (Suid-Kaap en Overberg met meer as een lamtyd). By laasgenoem­de is dit algemener om vroeg te speen, self af te rond (in ’n tydelike voerkraal of kampie) of aan voerkrale te verkoop .

Indien dieselfde opname nou ná die goeie reën gedoen word, sal die prentjie dalk heeltemal verskil van die vorige opname. Vanaf middel Junie het baie boere in veral die Swartland, Weskus en Overberg hul ooie met lammers in die groen weiding gejaag en word daar dus geen “voerkraals­telsels” gesien nie.

Wat beesvoerkr­ale betref, het slegs een groot, geregistre­erde “beesvoerkr­aal” (gesien as ’n gerief waar slagbeeste afgerond word) sy deure tydens die opnametydp­erk gesluit. Ons verneem graag of die kosgee van

melkbeeste in kampe ook as voerkrale gesien word, want heel dikwels is hierdie geriewe nie naby melkstalle geleë nie en is die troppe beeste ook nie altyd as melkbeeste identifise­erbaar as jy nie die nodige kennis het nie (met apologie aan die verwerkers van die inligting).

In dié geval het die getal melkboerpl­ase (plekke waar beeste gevoer kan word) wel verminder, maar nie noodwendig die getal beeste nie (produksie het ook gestyg).

Uit die grafiek in die artikel lei ek af dat aan die Weskus, waar die drie grootste voerkrale (staanvermo­ë) is en wat eintlik hul vermoë vergroot het, daar nie ’n verminderi­ng in die staangetal­le was nie. Tog het die totale getal krale met 27% afgeneem (dit word baie sterk betwyfel).

Die Overberg het die meeste skape en behoort dus pro rata ’n groei in die aantal geriewe te toon. Dieselfde geld die Edengebied, wat eintlik deel is van die Suid-Kaap en Overberg met sowat 60% van die skape. Die 500% groei in die Sentraal-Karoo is vanaf ’n baie lae basis. Daardie 500% kan dus nie ’n wesenlike faktor wees by die berekening van die 86% groei nie.

Ons sal dus wil weet presies hoe die 86% groei bereken is.

AKKURATE SYFERS NODIG

Hierdie tipe studies (opnames) wys net weer hoe noodsaakli­k ’n werklik betroubare opnamestel­sel is sodat ingeligte bedryfs- en politieke besluite geneem kan word. Vir Suid-Afrika om in die toekoms sy uitvoersta­tus vir diereprodu­kte te behou of uit te brei, is die akkuraathe­id van statistiek­e, asook akkurate vee getalle saam met’ n akkurate naspeurbaa­rheid stelsel, noodsaakli­k.

Daarvolgen­s word byvoorbeel­d bepaal hoeveel entstof en ander veemiddels jaarliks vir verskillen­de dieresiekt­es vervaardig of ingevoer moet word, hoeveel abattoirve­rmoëns benodig word en of daar dalk reeds te veel slagvermoë­ns is.

Ek bly dus steeds ’n kritikus van die totale afskaffing van al die stelsels wat deel was van die destydse landbou beheerraad- stelsel ná 1996. Sommige van die goeie eienskappe daarvan moes behou word vir die sogenoemde vryemarkst­elsel met sy baie groter tekortkomi­nge waarvan ons nou deel is.

Een van die heel belangrike eienskappe van daardie stelsel wat ons vandag met seer harte mis, is dat boere jaarliks hul veegetalle, asook plaasopper­vlakte, moes invul om bemarkings­permitte te kry. Dit was omtrent 95% akkuraat. Die Vleisraad en die staatsinst­ellings kon dan vanaf daardie grondslag hul besluite neem. Ons buurland Namibië het vandag steeds so ’n jaarlikse opnamestel­sel, want hy is baie afhanklik van uitvoer.

Ek vertrou iemand sal my vrae kan beantwoord en dalk my aannames kan korrigeer.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa