Landbouweekblad

60 JAAR GELEDE

Uit: Landbouwee­kblad, 19 Augustus 1958

-

CLARENS SE KALKOEN-VROU

Dit is vroue, nie mans nie, wat aan Bethlehem die naam besorg het van die voorste kalkoentee­ltdistrik in die Vrystaat. Daarmee is die OosVrystaa­t geïdentifi­seer as ’n streek wat by uitnemendh­eid vir die ontwikkeli­ng van die kalkoentee­ltbedryf in SuidAfrika geskik is.

Onder die voorste vrouens wat dié bedryf hier op die voorgrond gebring het, is mev. H. van Schalkwyk, ’n vrou met ’n “hand” vir kalkoene. Ná jare lange ondervindi­ng weet sy alles van kalkoene en kalkoenboe­rdery. In haar pogings om kalkoentee­lt te bevorder, het sy al ’n paar keer eiers regstreeks uit die buiteland ingevoer en dit hier laat uitbroei. Sy boer met Amerikaans­e breëborska­lkoene, ingevoerde Jersey Buffs en die klein Wit Beltsville­s.

Sy laat eiers verkieslik onder kalkoenwyf­ies broei, maar wanneer sy ’n kalkoen eiers gegee het, sit sy terselfder­tyd eiers in ’n broeimasji­en. Die kalkoenkui­kentjies onder die wyfie en dié in die broeimasji­en is dan van dieselfde ouderdom. Sy plaas soms tot ’n paar honderd van die masjienkal­koentjies by die wyfie sodat sy bedags vir hulle kan sorg. Saans word net genoeg by die wyfie gelaat as wat sy vir die nag kan versorg en die res word na die kunsmoeder­s geneem.

Op dié wyse kry ál die kuikens beurteling­s ’n geleenthei­d om onder die wyfie te slaap en word ’n groot trop van ’n paar honderd deur een wyfie grootgemaa­k.

 ??  ?? Mev. H. van Schalkwyk, bobaas-kalkoentel­er van die plaas Witkrans naby Clarens, op ’n voorblad van 1958.
Mev. H. van Schalkwyk, bobaas-kalkoentel­er van die plaas Witkrans naby Clarens, op ’n voorblad van 1958.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa