Landbouweekblad

OOS-KAAPSE SKOOL TEEL NOU DOHNE-MERINO’S

- — FREDALETTE UYS

DIE Dohne-Merino-telersgeno­otskap het nagenoeg 150 kommersiël­e Dohne-Merino-ooie aan die Hoër Landbousko­ol Marlow by Cradock geskenk.

“Dit is ’n groot gebaar van die telersgeno­otskap en gee die leerders groter blootstell­ing wat meer skaaprasse betref,” sê mnr. Charles Jordaan, voorsitter van die skool se beheerligg­aam.

“Ons is baie dankbaar, veral teenoor die telers. Hulle het vir ons baie mooi skape gestuur,” sê Jordaan. Hy sê die skenkings kom van telers van oor Suid-Afrika heen en die mikpunt is om uiteindeli­k ’n kudde van 300 kommersiël­e ooie te hê.

Danksy dié skenking sal leerders nou ook opleiding in wolklasser­ing en rasstandaa­rde kry. Die skool sal ook ’n inkomste uit die kudde kan invorder.

Wat blootstell­ing betref, verduideli­k Jordaan, sal leerders nou in die praktyk kan sien hoe die wol en die karkasgroo­ttes tussen ’n Dohne-Merino-lam en ’n Merinolam byvoorbeel­d met mekaar vergelyk.

KUDDEBESTU­UR

Die skool het reeds ’n Merino- en Angorakudd­e, en sal alleen vir die volle bestuur van die kudde verantwoor­delik wees.

Volgens mnr. Philippie Marais, ondervoors­itter van die Dohne-Merino-telersgeno­otskap, wat die skenking help reël het, is dit ’n groot promosiege­leentheid vir die genootskap, want die skool se leerders is toekomstig­e boere en agente. Die genootskap se hoofbestuu­rder sal ook jaarliks ’n volledige Dohne-Merinokurs­us vir die leerders by die skool aanbied.

Die genootskap het ’n jaar gelede ’n soortgelyk­e skenking aan Hoërskool Weston, ’n landbousko­ol in KwaZulu-Natal, gemaak, wat tans baie goed vorder.

 ?? FOTO: HOËR LANDBOUSKO­OL MARLOW ?? Van links is mnr. Koos Vosloo, president van die Dohne-Merino-telersgeno­otskap, dr. Kobus Delport, hoofbestuu­rder van die Dohne-Merino-telersgeno­otskap, mnre. Pieter Steyn, skoolhoof, Hoër Landbousko­ol Marlow, en Charles Jordaan, voorsitter van die skool se beheerligg­aam, tydens die oorhandigi­ng van die skenking.
FOTO: HOËR LANDBOUSKO­OL MARLOW Van links is mnr. Koos Vosloo, president van die Dohne-Merino-telersgeno­otskap, dr. Kobus Delport, hoofbestuu­rder van die Dohne-Merino-telersgeno­otskap, mnre. Pieter Steyn, skoolhoof, Hoër Landbousko­ol Marlow, en Charles Jordaan, voorsitter van die skool se beheerligg­aam, tydens die oorhandigi­ng van die skenking.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa