Landbouweekblad

LANGKLOOF-BOER VEREER VIR ENTREPRENE­URSVERNUF

- — FREDALETTE UYS

MNR. RIAAN STRYDOM (foto) van die Bokmakieri­e-boerderytr­ust van Joubertina is as die Oos-Kaapse Jongboer van die Jaar vir 2018 aangewys. Dié aankondigi­ng is op Agri OosKaap se kongres gemaak.

Strydom boer saam met sy broer, Mario, in die Langkloof met appels, pere, hoenders en varke.

Volgens Strydom kan hy sy sukses daaraan toeskryf dat hy in die hele waardekett­ing betrokke is. “Ons is by die hele vleiswaard­eketting betrokke. Ons boer, slag, verwerk, bemark en versprei.”

Hy sê omdat hy sy eie slagplaas, slaghuis en vragmotors bestuur, kan hy sy koste verminder en sy wins verhoog.

Sedert Strydom ongeveer 16 jaar gelede op die familie se vrugteplaa­s begin boer het, het hy die appel- en peerproduk­sie

op die plaas met 300% laat toeneem op ’n kleiner aangeplant­e gebied.

Die hoenderafd­eling het dermate gegroei dat hy sy hoenderpro­dukte aan verskeie handelaars en groothande­laars in die Oos- en Wes-Kaap kan verskaf.

Die plaas se kantoor is in die Krakeelriv­ier-omgewing naby Joubertina. Die boerdery verskaf werk aan sowat 160 heeltydse werkers en 40 seisoenswe­rkers. Hy verskaf bykomende werk aan die seisoenswe­rkers deur hulle uitheemse bome, soos swartwatte­l, te laat uitkap. Hy verkoop die hout as vuurmaakho­ut in die Wes-Kaap.

 ??  ?? Mnr. Riaan Strydom
Mnr. Riaan Strydom

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa