Landbouweekblad

RPO MIK VIR HOËR HEFFING

- — JASPER RAATS

DIE rooivleisb­edryf sal op hoofsaakli­k twee fronte vir sy volhoubare voortbesta­an moet veg, sê mnr. Koos van der Ryst, voorsitter van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO). Die bedryf se grootste bedreiging is dieregeson­dheid. Terselfder­tyd sal die hele waardekett­ing meer moeite moet doen met verbruiker­sopvoeding.

Van der Ryst het op die onlangse kongres van Limpopo se RPO op Modimolle gevra dat die provinsie se lede aan die nasionale organisasi­e ’n mandaat moet gee om aansoek te doen om ’n hoër statutêre heffing en om ’n nuwe strategies­e plan vir die RPO uit te voer.

Daardeur, meen hy en die RPO se bestuur, kan die organisasi­e homself posisionee­r om die probleme wat die bedryf ervaar, die hoof te bied. “Ons het geld nodig om ’n verskil te maak,” sê Van der Ryst.

Uit die huidige statutêre heffing het die bedryf R42 miljoen tot R44 miljoen per jaar beskikbaar, maar Van der Ryst sê ’n verhoging in die heffing gaan nodig wees as die RPO sy nuwe strategies­e plan wil uitvoer.

DOEN DIT SELF

Hy sê daar is in die huidige begroting byvoorbeel­d R8 miljoen beskikbaar vir verbruiker­sopvoeding. “Dit klink baie, maar as ’n mens met so ’n veldtog begin, besef jy dis eintlik niks.”

Daar moet ook navorsing gedoen word oor produksies­telsels, en die bedryf sal vir sy eie voorligtin­g moet sorg. “Dit help nie ons baklei met die staat oor kwessies soos dié nie. Dit bring ons niks in die sak nie. Ons beste opsie is om dit wat ons in ons bedryf wil sien, self daar te stel.”

Van der Ryst sê dieregeson­dheid is ’n tydbom. Dít is waar die bedryf die hardste sal moet werk om ’n ramp af te weer. Hy het boere aangemoedi­g om vergaderin­gs van hul provinsial­e dieregeson­dheidsforu­m by te woon en spesifieke bekommerni­sse en probleme daar te lug.

“Daardie kwessies word dan op die nasionale forum onder die voorsitter­skap van dr. Pieter Vervoort bespreek.”

NEEM BEHEER

Mnr. Gerhard Schutte, nasionale bestuurder van die RPO, voeg by dat sulke vennootska­ppe ’n groot deel van die RPO se nuwe strategie vorm. Hy stem saam met Van der Ryst dat die oplossing tot die bedryf se probleme nie daarin lê om die Regering voortduren­d hof toe te sleep nie, maar eerder deur beheer te neem van die situasie en saam oplossings te kry.

Die RPO hoop om deur ’n verhoging in die statutêre heffing R70 miljoen tot R80 miljoen per jaar in te vorder. Van der Ryst wys daarop dat dit maar ’n klein persentasi­e in ’n bedryf met ’n omset van R89 miljard is.

 ?? FOTO: THEUNS BOTHA ?? Tans bring die RPO se statutêre heffing R42 miljoen tot R44 miljoen per jaar in, wat nie genoeg is om die strategies­e plan uit te voer nie.
FOTO: THEUNS BOTHA Tans bring die RPO se statutêre heffing R42 miljoen tot R44 miljoen per jaar in, wat nie genoeg is om die strategies­e plan uit te voer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa