Landbouweekblad

Boere kan nog drie jaar lank kuddes herbou

- — CARIEN KRUGER

DIE vooruitsig­te vir die beesvleis-, skaapvleis-, wol- en katoenbedr­yf lyk goed vir vanjaar en aanstaande jaar. Die aanbod van beesvleis is kleiner en die vraag hoog.

Só het mnr. Wessel Lemmer, senior landbou-ekonoom van Absa Agribesigh­eid, op die bekendstel­ling van die bank se lentevooru­itskouing gesê.

Boere is besig om hul kuddes te herbou en produksie sal na verwagting die volgende drie jaar laer bly.

Beesvleisp­ryse behoort gunstig te bly. Slagsyfers was in die eerste vyf maande van vanjaar 6% laer as verlede jaar en 13%

laer as twee jaar gelede.

“Namibiese uitvoer van lewende hawe en speenkalwe­rs het tot vorige vlakke herstel en vul die tekort aan speenkalwe­rs in Suid-Afrika aan,” het Lemmer gesê.

Ook in die skaapvleis­bedryf is produksie vanweë die heropbou van kuddes kleiner. Produksie sal na verwagting aanstaande jaar herstel, wat pryse sal beïnvloed. Roofdiere en wisselvall­ige pryse verhoog risiko’s vir boere en voerkrale.

Lemmer het gesê die bedryf sal na verwagting bly baat vind by hoë vleis- en wolpryse, met laasgenoem­de wat gunstig deur hoë internasio­nale pryse beïn-

vloed word.

Die internasio­nale vraag na wol is sterk. In China, die grootste invoerder van Suid-Afrikaanse wol, dra die groeiende middelklas daartoe by.

GROEI

Verder is die verbruiker­sneiging om van sintetiese na natuurlike vesels oor te skakel ’n belangrike faktor.

Lemmer het gesê die aanbod sal na verwagting knap bly en pryse dus ondersteun. Die plaaslike bedryf kan met tot 50% groei sonder dat dit pryse beduidend sal benadeel.

“Boere word aangemoedi­g om die geleenthei­d te gebruik om produktiwi­teit te verhoog,” het hy gesê.

Ook in die katoenbedr­yf is daar ruimte vir die uitbreidin­g van produksie. “Die sterk globale verskuiwin­g in verbruiker­svraag na natuurlike vesels sal groei in die bedryf ondersteun.”

Suid-Afrika se pluisvermo­ë is 162 000 ton, terwyl 102 158 ton geoes word. Lemmer het gesê na verwagting sal die vermoë teen 2021 produksie beperk, maar daar word ook verwag dat die vermoë binne vier jaar met ’n bykomende 58 000 ton uitgebrei gaan word.

“Katoenprod­uksie gaan na verwagting bly groei danksy beter winsgewend­heid vergeleke met mielies en sonneblomm­e.”

Bedrywe waar kwessies soos goedkoop invoer en biosekerhe­idsvereist­es weens siektes na verwagting gaan voortduur, sluit suiwel, suiker, hoendervle­is en varkvleis in.

’Namibiese uitvoer van lewende hawe en speenkalwe­rs het tot vorige vlakke herstel en vul die tekort aan speenkalwe­rs in SuidAfrika aan.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa