Landbouweekblad

MISOESTE DREIG VIR HEIDELBERG-BOERE

- — AMELIA GENIS

DIE reën is skaars by Heidelberg en boere is nie seker of die reën nog betyds gaan wees om die graanoes te red nie.

Mnr. Maartin Gildenhuys van die plaas Goedemansk­raal sê hy het van April af nog net 59 mm reën gehad. In ’n normale jaar verwag hulle 170 mm tot 200 mm van April tot September.

Hy sê die 90 mm wat hy sedert begin vanjaar gekry het, kan met die droogte van 1968 tot 1970 vergelyk word.

Toe hulle vanjaar aansienlik later as gewoonlik geplant het, was daar vog, maar nou kry die graan swaar en is daar nie weiding nie.

Gildenhuys sê hy het sy vee in van die ouer kanolaland­e gejaag, waar daar enkele kampe is wat potensiaal toon, maar die hittegolf van einde Julie, toe die bergwind omtrent vir ’n week lank gewaai het, het skade veroorsaak.

“As ons nou ’n groot klomp reën kry, kan my gars nog herstel. Ek weet nie van die koring nie. ’n Mens weet nie hoe die graan gaan reageer as dit nou reën nie, veral as dit begin warmer word. My instink is dat dit dalk al klaar te laat is.”

Gildenhuys het ook sy teleurstel­ling uitgespree­k oor die onvermoë van weervoorsp­ellers om reën reg te voorspel.

Mnr. Jacobus Human van die plaas Eerstekop by Heidelberg sê die reën was vanjaar maar skraps.

“In die huidige omstandigh­ede staan daar eintlik ’n wonderwerk op die land.”

Hulle het egter dringend nóg reën nodig. “Dis ’n taai jaar en dit raak nou al ’n bietjie laat vir reën, maar ek meen die kans om nog ’n oes te maak, is nie heeltemal verby nie.”

‘Daar staan eintlik ’n wonderwerk op die land.’

 ?? FOTO: FREDALETTE UYS ?? Kuilvoerga­rs wat al in April in die Heidelberg-omgewing geplant is, verlede week.
FOTO: FREDALETTE UYS Kuilvoerga­rs wat al in April in die Heidelberg-omgewing geplant is, verlede week.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa