Landbouweekblad

GEEN VERLIGTING IN SIG VIR DROË OOS-KAAP

- — FREDALETTE UYS

DIE vooruitsig­te op reën vir die droë westelike deel van die OosKaap vir die res van die jaar lyk maar skraal.

Mnr. Hugh van Niekerk, Oos-Kaapse streeksbes­tuurder van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, sê die droogtetoe­stande in sekere streke in die provinsie sal vir die volgende paar maande voortduur. Die droogte kan van September af oor die Nelson Mandelabaa­i-streek vererger. Daarby word warm dagtempera­ture vir die res van die jaar – veral van September af – voorspel, wat verdamping gaan verhoog.

Volgens die seisoenale vooruitska­tting van Augustus tot Desember vir die Oos-Kaap, kan ’n El Niño-stelsel van die lente af oor die provinsie voorkom. “Hoewel dit nog te vroeg is om die moontlike impak te voorspel, gaan die verskynsel gewoonlik gepaard met droër en warmer toestande in die somerreëng­ebiede,” sê hy.

Verlede naweek het sowat 5 mm reën by Patensie, 10 mm by die Addo-olifantpar­k, 35 mm by Kaap St. Francis, 18 mm by Koega, 12 mm in Port Elizabeth, 8 mm in die Tsitsikamm­a en 11 mm in Uitenhage geval.

DROOG

Klimaatmod­elle voorspel vir Augustus bogemiddel­de reënval vir die distriksmu­nisipalite­it Sarah Baartman en die munisipali­teit Nelson Mandelabaa­i, met die res van die provinsie wat ondergemid­delde reënval kan verwag.

Van September tot November word ondergemid­delde reën oor die hele provinsie voorspel. Na verwagting sal droogtetoe­stande in die weste van die provinsie voortduur, asook in dele van die Alfred Nzo-streek in die noorde.

Van Oktober tot Desember word droër toestande in die grootste deel van die streek verwag, met bogemiddel­de reënval in die verre ooste van die Joe Gqabi-streek, die Alfred Nzo-streek en dele van die munisipale distrik OR Tambo.

SKENKINGS

Mnr. Doug Stern, voorsitter van

Agri Oos-Kaap, het op die organisasi­e se jaarkongre­s gesê dit is kommerwekk­end dat hy reeds die derde agtereenvo­lgende jaar oor die droogte in die provinsie moet verslag doen. “Ongelukkig het die situasie eintlik vererger, veral in die westelike gebiede.”

Hy het gesê ondanks vele pogings kon Agri Oos-Kaap nog nie enige hulp van die provinsial­e regering verkry nie. Alle droogtehul­p tot dusver was danksy die samewerkin­g en bystand van boere in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Vrystaat. Hy het ook Kwanalu en Gift of the Givers bedank vir hul bystand.

Hy sê hoewel dit moeilik is om akkurate getalle te gee, is tot dusver vanjaar ongeveer 22 000 ton voer in die westelike dele van die provinsie afgelewer teen ’n totale koste van ongeveer R40 miljoen.

Hy het bygevoeg dat die situasie in die Gamtoosval­lei ook kommer wek met die Kouga-dam wat op 30 Julie net 6,95% vol was.

Die plaaslike munisipali­teit Kouga het aangekondi­g dat water van 6 Augustus af slegs vir ’n paar uur per dag in Patensie en Hankey se krane beskikbaar sal wees in ’n poging om water te bespaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa