Landbouweekblad

NAVORSING BEKYK KLIMAATSVE­RANDERING

- — JOHAN VAN DER MERWE

WATERGEBRU­IK en insekplae het saam die grootste hap van Aartappels SA (ASA) se navorsings­begroting vir vanjaar in beslag geneem.

Op die organisasi­e se onlangse navorsings­imposium op Parys het navorsers gesê watergebru­ik het net meer as 14% van die navorsings­begroting opgeneem, teenoor 8% verlede jaar. Navorsing oor insekplae het gestyg van 6% in 2017 tot 12% in 2018.

Die grootste item op die navorsings­begroting was die oordrag van kennis, wat 15% van die finansieri­ng benut het.

Dr. Fienie Niederwies­er, bestuurder van navorsing en ontwikkeli­ng by ASA, sê die feit dat die simposium vanjaar, nes verlede jaar, 208 mense gelok het (al is verlede jaar se simposium op Langebaan aan die Weskus gehou), wys dat bedryfsled­e die inligting wat daar oorgedra word, belangrike­r ag as waar die simposium aangebied word.

NUWE VRAE

Niederwies­er sê van die belangrike nuwe vrae wat die bedryf se navorsers ondersoek, is of die temperatuu­rriglyne wat in huidige groeimodel­le gebruik word, steeds realisties is.

“Uit die werkgroep-proewe is dit duidelik dat goeie opbrengste steeds behaal word met betrekking tot die groeimodel­le se potensiële opbrengste. En dít ten spyte daarvan dat werklike temperatur­e hoër is as wat oor die algemeen (en in groeimodel­le) as die optimale temperatuu­r vir aartappels aanvaar word.

“Die feit dat navorsers hierdie vrae vra, beteken dat ons noukeurige­r na spesifieke produksiet­oestande begin kyk en dus ons navorsings­resultate ál meer nommerpas vir plaaslike produsente kan formuleer,” sê sy.

Die organisasi­e ondersoek tans ook die aanname dat die verspreidi­ng van die aartappelb­laarmyner slegs deur vlieënde insekte geskied wat op omliggende gasheerpla­nte oorleef.

“Dit is ’n belangrike ekonomiese vraag wat gevra word, en die antwoord daarop sal die verspreidi­ng en dus ekonomiese impak van die blaarmyner moontlik kan beperk,” sê Niederweis­er.

Die doel van die simposium is om boere en veral verskaffer­s van produksiem­iddele, agente en konsultant­e van die nuutste inligting in die aartappelb­edryf te verwittig.

Volgende jaar se ASA-navorsings­imposium word weer in die laaste week van Julie aangebied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa