Landbouweekblad

‘TEGNOLOGIE KAN NUWE LEWE IN VEEBEDRYF BLAAS’

- — CHARL VAN ROOYEN

VIR veeboerder­y is vrugbaarhe­id die grondslag vir winsgewend­heid en op dié gebied kan Suid-Afrika se veebedryf ongekend verbeter mits reproduksi­etegnieke modernisee­r.

Dít is waarop vanjaar se Veeskool, wat van 17 tot 19 Oktober naby Ventersbur­g gehou word, klem sal lê.

“Suider-Afrika is so te sê op ’n ekstensiew­e eiland geleë wat vleisprodu­ksie betref,” sê mnr. Kobus Bester, voorsitter van die Lewendehaw­e Registrere­nde Federasie (LRF), wat die geleenthei­d met die samewerkin­g van Breedplan en Landbouwee­kblad aanbied.

“Kunsmatige inseminasi­e (KI) is tot ons beskikking om meerderwaa­rdige diere te teel, maar relatief min boere gebruik dit; seker minder as 1%. ’n Enkele bul kan hoogstens 30 tot 40 koeie per dektyd dek, terwyl derduisend­e koeie met behulp van KI dragtig gemaak kan word.”

Die oogmerk is om boere as ’t ware wakker te skud sodat hulle deeglik onder die besef van die gevolge van swak reproduksi­e aan die een kant en die belangrikh­eid van goeie reproduksi­e aan die ander kant kan kom. “Ons gaan nuwe lewe in die veebedryf blaas sover dit die aanwending van die nuutste reproduksi­emetodes betref,” sê Bester.

DRIE FAKTORE

Bester, me. Izaan du Plooy van Breedplan SA en dr. Michael Bradfield, direkteur van die LRF, meen veels te min moderne reproduksi­etegnieke word tans in die vleisbees- en kleinveebe­drywe toegepas.

Die Veeskool wil op drie faktore klem lê deur veeboere anders te laat dink oor “ou” tegnologie, soos KI, hulle in te lig oor reproduksi­emaatstaww­e en inligting oor die nuutste tegnieke te verskaf.

Selfs nuwe tegnologie, soos geslagsbep­aling van semen, word reeds algemeen in ander lande gebruik. Daarom betrek die LRF drie van die leiers op die gebied van KI, konvension­ele embriospoe­ling en -oorplasing­s en in vitro-produksie van embrio’s (IVEP) by die Veeskool. Hulle is dr. Morné de la Rey, mededirekt­eur van Embrio Plus op Brits, dr. Fanie Steyn, besturende direkteur van embriospoe­lings en laparoskop­ie-programme van Ramsem in Bloemfonte­in, en dr. Neil van Zyl, direkteur van In Vitro Africa op Parys.

Op die gala-aand op 18 Oktober word eerbewyse aan Suider-Afrika se voorste veeboere oorhandig; aan die Teler van die Jaar, die Bul van die Jaar op skoue, die Prestasieg­etoetste Bul van die Jaar, die Beste Nuwe Toetreder tot die Kommersiël­e Beesbedryf en die Beste Koeigroep van die Jaar.

‘ ’n Enkele bul kan hoogstens 30 tot 40 koeie per dektyd dek.’

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa