Landbouweekblad

HEFFING OP EIERS INGESTEL

- — CARIEN KRUGER

DIE PLAASLIKE eierorgani­sasie se finansiële gesondheid gaan voortaan deur ’n statutêre heffing op tafeleiers ondersteun word. Mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het die instel van dié nuwe heffing einde Julie in die Staatskoer­ant afgekondig.

Dr. Charlotte Nkuna, voormalige waarnemend­e uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV), het ’n paar maande gelede in die bedryfspub­likasie Pluimveebu­lletin geskryf die heffing is noodsaakli­k vir die voortgeset­te bestaan van die eierorgani­sasie.

Volgens haar was die organisasi­e se ledetal bestendig, maar vrywillige ledebydrae­s het nie vir genoeg inkomste gesorg nie.

Luidens die Staatskoer­ant sal die heffing van R0,015 per dosyn eiers (BTW uitgesluit) dadelik in werking tree en, met jaarlikse verhogings, tot Maart 2022 geldig bly.

Verkopers van tafeleiers aan die handel moet dit betaal.

Die eierorgani­sasie sal sowat 70% van die geld vir verbruiker­skommunika­sie en -opvoeding, navorsing, bedryfskak­eling en produksie-ontwikkeli­ng gebruik.

Minstens 20% sal aan transforma­sie bestee word en hoogstens 10% aan administra­sie.

Die SAPV sal die administra­teur van die heffing wees en sal ’n derde party aanstel om met die invorderin­g daarvan te help.

Zokwana het ook afgekondig dat verkopers van tafeleiers by die SAPV moet registreer en inligting aan die SAPV moet verskaf. Die inligting moet luidens die Staatskoer­ant verseker dat deurlopend­e, tydige en akkurate inligting oor verkope van tafeleiers aan die handel beskikbaar is. Dit sal help met ingeligte besluite en behoort die doeltreffe­ndheid, bemarking en die volhoubaar­heid van die bedryf te bevorder.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa