Landbouweekblad

AVOKADO’S, MANGO’S IN PYLVAK VIR WYER MARKTOEGAN­G

- — JASPER RAATS

DIT kan dikwels tot 15 jaar duur om marktoegan­g vir ’n plantprodu­k tot ’n ander land te beding. Mnr. Derek Donkin, uitvoerend­e hoof van Subtrop, die sambreelli­ggaam vir subtropies­e gewasse, meen egter Suid-Afrika kan dalk vroeër eerder as later toegang vir sy avokado’s en mango’s tot lande soos China en

Amerika kry.

“Soms kry ons dit reg om ál die invoerland se fitosanitê­re bekommerni­sse vinnig uitdiewegt­eruimenoor­die nodige voorsorgma­atreëls ooreen te stem,” het hy op die Suid-Afrikaanse Mangokweke­rsverenigi­ng se onlangse mangodag op Tzaneen gesê.

Suid-Afrika het byvoorbeel­d net nege jaar nodig gehad om toegang vir sy mango’s tot Indië te verkry. Plaaslike boere het al besendings van die 2016-’17-oes en van die 2017-’18-oes daarheen gestuur.

ANDER VRUGTE

Suid-Afrika het ook aansoek gedoen om mango’s na China uit te voer, maar daar is ’n lys vrugte wat eers oorweeg sal word voor mangoboere toegang vir hul produkte kan verwag.

Donkin sê daar kan so vroeg as volgende maand uitsluitse­l gegee word oor toegang vir Suid-Afrikaanse pere tot die Chinese mark. Daarna sal steenvrugt­e en dan avokado’s oorweeg word. Mango’s is volgende op die lys.

“Ons het ook in 2007 aansoek gedoen om ons mango’s na Japan uit te voer en werk tans met die Japannese regering saam om toegang vir ons mango’s en avokado’s te kry.

“Ons het in 2006 ook met die aansoekpro­ses vir toegang tot Thailand begin.

“Subtrop het in 2006 ook aansoek gedoen om Suid-Afrikaanse avo’s na Amerika uit te voer en is tans in die pylvak om toegang te verkry.

“Ons is besig om die finale protokolle vir die voorkoming van vrugtevlie­g- en valskodlin­gmotbesmet­ting op te stel en hoop dat ons dan aan ál die Amerikaans­e vereistes sal voldoen. Die volgende produk waarvoor ons met Amerika wil onderhande­l, is mango’s,” sê Donkin.

MARKTE ONTWIKKEL

Hy sê hoewel Subtrop die belange van avokado-, mango- en lietsjiekw­ekers verteenwoo­rdig, word alle onderhande­linge oor marktoegan­g gedoen onder die vaandel van Fruit SA, ’n sambreelli­ggaam vir die hele Suid-Afrika vrugtebedr­yf.

Suid-Afrikaanse mango’s kan reeds na die Europese Unie, Rusland, Ghana, die Verenigde Arabiese Emirate, Indonesië, Togo en Kanada uitgevoer word.

Donkin sê dit verg egter steeds ’n paar jaar vir uitvoerage­nte en boere om ’n nuwe mark te ontwikkel en Suid-Afrika se uitvoer na baie van die nuwe markte is nog klein.

Toegang skep egter die potensiaal vir groei in daardie lande. Daar woon byvoorbeel­d 1,3 miljard mense in Indië en mango’s is baie gewild daar.

Hoewel Indië self ’n groot produsent is, sê hy daar is beslis ’n mark vir ingevoerde vrugte van ’n goeie gehalte en baie Indiërs sal bereid wees om die premie te betaal wat ’n 30%-heffing op Suid-Afrikaanse mango’s meebring.

‘Baie Indiërs sal bereid wees om die premie te betaal (van) ’n 30%-heffing.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa