Landbouweekblad

POPULISME VIER HOOGTY

- FREDALETTE UYS en GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE meeste deelnemers aan die openbare verhore op Rustenburg en Queenstown oor onteiening sonder vergoeding het ’n veranderin­g aan die Grondwet voorgestaa­n om dié stap moontlik te maak.

Op albei vergaderin­gs het lede van die EFF gesê die grond is met geweld van hul voorouers afgeneem en gevra waarom die diewe nou vir die grond vergoed moet word. Die stelling dat 87% van SuidAfrika se grond in wit men se se hande is, terwyl swart mense slegs 13% besit, is ook op albei vergaderin­gs herhaal, saam met eise dat grondbesit die demografie in die land moet weerspieël.

Op Queenstown was ’n paar swart sprekers verontwaar­dig oor die algemene indrukke dat swart boere nie bevoeg is om te boer nie. Hulle stem nie saam dat voedselsek­erheid in gevaar is indien grond aan swart mense gegee sou word nie.

Talle swart mense was van mening dat wit mense voorbarig is om te vra dat die voordele wat hulle uit kolonialis­me gekry het, beskermmoe­tword.

WAT VAN DIE GEVOLGE?

Mnr. Boeta du Toit, hoofbestuu­rder van Agri Noordwes, het in sy spreekbeur­t op Rustenburg gewaarsku dat veranderin­ge aan die Grondwet gaan beteken dat die Regering terugkeer na diskrimina­sie gegrond op ras. “Onthou, jy is altyd vry om te kies, maar nooit vry van die gevolge van jou keuses nie,”hethygesê.

Aartsbisko­p Matosi Musingate, voorsitter van die Lethabong Raad van Kerke, het gesê die raad is gekant teen die beoogde veranderin­g aan die Grondwet.

“Ons kan nie kwaad met kwaad vergeld nie. Die tyd het eerder ryp geword vir elke mens wat homself ’n Christen in SuidAfrika noem,

om hande te neem met die mense om hom om saam ’n oplossing te soek. Om egter grond bloot te onteien, is nie die antwoord nie.”

In Queenstown het mnr. Michael le Grange, ’n melk-enwolboer van Burgersdor­p, gesê Suid-Afrikaanse boere is van die kundigstes ter wêreld, maar “ons het egter nie tot nou die nodige kopskuif gemaak om dit met ons mede-Suid-Afrikaners te deel nie”. Hy meen dit het tyd geword dat Suid-Afrikaners hul arms uitstrek sodat hulle kan regmaak wat verkeerd is. “En die enigste manier om dit te vermag, is om saam te werk.”

HEENKOME

’n Plaaswerke­r van Tarkastad het gesê hy en sy familie, wat al die afgelope 26 jaar op ’n plaas woon en werk, sal geen heenkome hê indien plase sonder vergoeding onteien word nie. Hy stel voor dat die Regering met boere moet saamwerk om transforma­sie te bespoedig.

’n Lid van die Khoisan van Indwe sê sy mense is ongeletter­d, maar het inheemse kennis om die grond te kan bewerk en om met vee te boer. Hy sê egter hulle kan nie die grond bewerk nie, aangesien die grond in wit eienaarska­p is. Hy sê die Regering het hom en sy gemeenskap in die steek gelaat deur hulle nie met vaardighed­e te bevoeg nie. —

 ?? FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT ?? Mnr. Mosiuoa Lekota (regs) praat op die grondverho­or op Rustenburg. Lekota is ’n lid van die grondwetli­ke hersiening­skomitee wat moet verslag doen oor of die Grondwet verander moet word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.
FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT Mnr. Mosiuoa Lekota (regs) praat op die grondverho­or op Rustenburg. Lekota is ’n lid van die grondwetli­ke hersiening­skomitee wat moet verslag doen oor of die Grondwet verander moet word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa