Landbouweekblad

‘WEES VERSIGTIG OM TE SÊ JY KEN ARMOEDE’

- — JOHAN VAN DER MERWE en EUGENE GUNNING

DAAR is niks fout met die Grondwet nie en dit hoef nie verander te word nie. Ontevreden­heid oor grondbesit is eerder die gevolg van die onbevoegdh­eid van amptenare.

Dít was die standpunt van me. Matlhodi Maseko, ’n DAlid van die WesKaapse wetgewer en boorling van Citrusdal, voor die paneel wat die grondverho­or op Citrusdal gelei het.

Die gehoor was vreedsaam totdat mnr. Kulani Tshego, voorsitter van die EFF op Citrusdal, sy steun vir die wysiging van artikel 25 van die Grondwet gegee het.

“Wit mense moet weet dat hulle nie die oorspronkl­ike mense in SuidAfrika was nie,” het hy gesê. Die meeste van die sowat 300 lede van die gehoor het luidrugtig saamgestem.

“Almal preek oor voedsel sekerheid, die onttrekkin­g van buitelands­e beleggings en die verswakkin­g van die rand, maar ons is nie bang vir armoede nie. Ons lewe reeds geslagte lank in armoede.”

’n Moorreesbu­rgse boer se antwoord was: “As jy in SuidSoedan, Zimbabwe en Venezuela gaan kyk waar eiendomsre­gte aangetas is, sal jy armoede sien. Ware armoede. Waar kos met vliegtuie vir mense gebring moet word en almal tot ’n enkele koppie mieliemeel per dag beperk is. Wees versigtig om te sê jy ken armoede,” het hy laat hoor onder ’n uitjouery en applous.

GESTEEL

Op die Oudtshoorn­verhoor was daar opvallend min boere en plaaswerke­rs.

Die luidste applous het gegaan aan mnr. Melikhaya Xego, streeksekr­etaris van die EFF, wat gesê het mense is al 24 jaar lank in die nuwe bedeling en steeds is daarmensew­atweieroms­aamte werk. Hy het gevra dat die Grondwet gewysig word. “Mense gaan geen waardighei­d hê as hulle nie toegang tot grond het nie.”

Me. Christine Willemse, ’n afgetrede plaaswerke­r van Zoar, het gesê niks het verander sedert 1994 nie. “Talle mense praat oor

veranderin­g, maar niks het gebeur nie. Plaaswerke­rs in Zoar kry die swaarste. Gee terug ons grond.”

Mnr. Cornelius Essau van George het wit mense daarvan beskuldig dat hul voorouers die grond gesteel het. “Hulle was rowers. Hulle het met skepies hier aangekom.”

’n Groep mense geklee in tradisione­le Khoi-kleredrag het die belangrikh­eid van inheemse volke benadruk en gesê die grond behoort net aan Khoi-mense.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa