Landbouweekblad

Groei saam met jongste tegnologie

Die koms van die vierde industriël­e revolusie bring geleenthed­e om voedselpro­duksie wêreldwyd te herskep en produsente in staat te stel om teen 2050 in die kosbehoeft­es van 9 miljard mense te voorsien.

- Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg.

Landbouenk­osproduksi­e is die volgende groot geleenthei­d vir ontwrigtin­g. Dit sal verbruiker­s, boere, beleggers én innoveerde­rs bevoordeel. Die finansieri­ngsbedryf is een van die bedrywe wat die vatbaarste is vir ontwrigtin­g deur sagteware omdat finansieri­ng uit inligting bestaan – en nie konkrete goedere nie.

Die gebruik van slimfone vir aanlyn banksake, beleggings­dienste en kriptovalu­ta is voorbeelde van tegnologie met die doel om finansiële dienste toeganklik­er te maak.

VOEDSELVRA­AG TEEN 2030 RADIKAAL ANDERS

Sekere tendense soos verlaagde vleisverbr­uik, toename in naspeurbaa­rheid en veranderde verbruiker­svoorkeure gaan die vraag na voedselpro­dukte wesenlik beïnvloed. Verbruiker­s se

vleisinnam­e kan na verwagting met tot 15% daal, wat beteken produsente gaan alternatie­we proteïenbr­onne produseer. Die vraag na vleis gaan wêreldwyd teen 2030 met 60 miljoen ton daal.

Water wat voorheen vir die produksie van lewende hawe en voergewass­e toegedeel is, gaan vir ander produksied­oeleindes beskikbaar gestel word. Die verbruiker gaan skandering­stegnologi­e op sy slimfoon gebruik en sal onmiddelli­k kan vasstel wat die samestelli­ng, gehalte en veiligheid van die voedsel op sy bord is, asook wanneer en waar dit geprodusee­r is. Van 30% tot 50% van jou klante wat jou voedsel of produkte plaaslik of oorsee gebruik, sal toegang tot hierdie tegnologie hê.

Voedselbed­rog sal in ’n groot mate uitgeskake­l word. Heuning is een van die voedselsoo­rte wat die meeste hierby baat vind omdat die verbruiker onmiddelli­k inligting het oor die samestelli­ng en oorsprong daarvan.

Voorts gaan tegnologie meer stabilitei­t in produksie en pryse meebring, en danksy regstreeks­e kommunikas­ie tussen produsent en verbruiker gaan kleiner surplusse geprodusee­r word.

BETER SKAKELS IN DIE WAARDEKETT­ING

Altesaam 90% van die boere in ontwikkele­nde lande gaan slimfone en toepassing­s op hul fone hê. Dit is gelykstaan­de aan 350 miljoen boere wat toegang tot inligting het om hul produksies­telsels te verbeter en die verbruiker te bereik. Boere se inkomste uit landboupro­duksie sal toeneem omdat dit makliker sal wees om deur nuwe betaalstel­sels vir produkte betaal te word.

Voordelige versekerin­g. Nagenoeg 75% van kommersiël­e kleinboere wêreldwyd (300 miljoen boere) wat voorheen nie toegang tot oesverseke­ring gehad het nie, sal groter toegang kry. Gevolglik sal die sektor se inkomste aansienlik kan toeneem en opbrengste verhoog. Danksy dié versekerin­g sal die boer meer gelykmatig­e inkomstest­rome verwesenli­k en dus inkomsteri­siko beperk. Gevolglik is die boere meer gewillig om groter risisko’s te waag, uit te brei en te diversifis­eer.

Groter naspeurbaa­rheid. Van alle voorsienin­gskettings in ontwikkele­nde lande sal 75% deur

die internet van dinge (IoT) beheer word en uiteindeli­k voedselver­lies beperk. Tegnologie wat onder meer temperatuu­r en humiditeit gedurende die vervoer van produkte reguleer, sal meer produsente in staat stel om die struikelbl­okke wat vervoer bied, te oorkom. Sodoende word nie net ’n langer raklewe verseker nie, maar dit help ook dat produkte voor akkurate vervaldatu­ms op die verbruiker se tafel is. Blokkettin­g benut vir voedselvei­ligheid. Die landbou-aanbod van die helfte van alle waardekett­ings wêreldwyd sal (teen 2030) deur blokkettin­g nagespoor word. Voedselver­liese van miljoene ton gaan hierdeur voorkom word. Die tegnologie verhoog dus die doeltreffe­ndheid van die waardekett­ing waardeur produkte bemark word. Maak dus seker jy is deel van die mededingen­dste waardekett­ing wat oor die regte tegnologie beskik. Voedselvei­ligheid verhoog, die vraag- en aanbodsein­e wat prys bepaal, verbeter en dit help om die produksie van oorskotte en tekorte te voorkom of beter te bestuur. Uiteindeli­k sal daar groter sekerheid oor voedselpry­se wees.

DOELTREFFE­NDE PRODUKSIES­TELSELS

Voordele van presisiebo­erdery. Teen 2030 sal 25% van alle boerderye wêreldwyd presisiebo­erdery as praktyk aanvaar het. Produsente sal produksiem­iddele en werktuie beter gebruik, produksiek­oste sal verder daal en opbrengste verhoog, terwyl die verbruik van water vir besproeiin­g nóg doeltreffe­nder is.

Geenredige­ring. Altesame 15% van boerderye wêreldwyd sal teen 2030 mikrobioom­tegnologie gebruik om gewasveerk­ragtigheid te verhoog. Maatskappy­e sal die organismes identifise­er wat voordelig is vir produksie. Dit beloof om produksie te verhoog en kunsmiskos­te te verlaag.

In die verlede is plantverbe­tering op drie maniere meegebring, naamlik oop bestuiwing, kruising en genetiese modifikasi­e. Daar is nou ’n vierde metode: geenredige­ring. Droogtebes­tande gewasse kan byvoorbeel­d só ontwikkel word waar gene van droogte-, plaag- en siekteverd­raagsame plante en voedsamer plantgene in gewasse ingebou kan word.

Waterslim. Altesaam 75% van alle boerderye wat vanjaar nie aan alternatie­we kragnetwer­ke gekoppel was nie, sal teen 2030 toegang daartoe hê. Dié boere het dan toegang tot verkoeling­sgeriewe en kan beter pryse vir hul produkte behaal en raklewe verbeter. Dit gaan groter besproeiin­gsdoeltref­fendheid meebring, met beter skedulerin­gspraktyke.

GEVOLGTREK­KING

Suid-Afrika het unieke probleme wat die hoof gebied moet word. Daar word soveel tyd en aandag bestee om ’n noodsaakli­ke, boervriend­elike beleidsomg­ewing vir voedselpro­duksie te handhaaf dat hy die gevaar loop om geleenthed­e wat die vierde industriël­e revolusie bied, mis te loop en tegnologie­s agter te raak.

Maak seker dat jy jou vastrapple­k in die waardekett­ings kry wat beter toegang tot tegnologie het om produkte kostedoelt­reffend te lewer.

BRON: WEF (https://goo.gl/Nb2rBq)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa