Landbouweekblad

‘LELIKE’ KOS WEER MOOI MET 3D-DRUKTEGNOL­OGIE

- — LIEZL VERCUEIL

jy “onaantrekl­ike” kosprodukt­e wanneer jy inkopies doen? Kies jy eerder die “netjiesste” vrugte en groente en laat die knobbelrig­e outjies met spikkels agter?

Jy’s allermins die enigste een. Dit blyk dat verreweg die meeste verbruiker­s ’n verwantska­p tussen die voorkoms van ’n produk en die gehalte daarvan maak . . . mooi is gesond, lelik is minder so. Dis nie net onwaar nie, maar lei ook tot ernstige vlakke van voedselver­morsing omdat die onaantrekl­ike produkte óf glad nie die rak haal nie, óf daar bly tot dit onbruikbaa­r is.

Die besef van die omvang van voedselver­morsing is genoeg om sommige verbruiker­s te inspireer om hul koopgedrag aan te pas. Die meeste kopers weet egter óf nie hoe groot die probleem werklik is nie óf die wete is nie genoeg om ’n aanpassing te maak nie.

Volgens Studio H, ’n maatskappy wat Suid-Afrika se eerste voedsel-3D-drukker vervaardig, lyk die vermorsing­syfers in die land droewig. Sowat 30% van eetbare groente en vrugte haal nie die rakke nie weens hul voorkoms. Sowat 44% van alle kos wat vermors word, is groente en vrugte, 26% is graan en 15% is vleis.

In die plaaslike voedselket­ting vind 26% van voedselver­morsing tydens landboupro­duksie plaas, 26% tydens hantering en opberging ná die oes, 27% tydens verwerking, 17% tydens verspreidi­ng en in die kleinhande­l, en 4% op verbruiker­svlak.

Studio H demonstree­r sy 3D-drukker deur ’n puree te maak van vars produkte wat deur winkels en verbruiker­s verwerp is en dan in aantreklik­er vorms te druk.

“3D-druk kan die perfekte manier wees om kosvermors­ing te verminder. Ons het die Salad 2.0 ontwerp om met dié medium te eksperimen­teer. Ons het ’n klomp groente en vrugte met ongewone vorms wat gewoonlik vermors sou word, afgekook tot purees en gelatien bygevoeg sodat ons dié konsentraa­t in kleurryke driedimens­ionele jellievorm­s met ’n hoë voedingswa­arde kon uitdruk. Verbeel jou jy sit dit vir kinders vol fiemies voor,” sê me. Hannerie Visser, stigter van Studio H.

3D-druk alleen sal nie sommer die wêreld se voedselver­morsingspr­obleem oplos nie, maar dit kan wel ’n verskil maak, meen sy. 3D-druktegnol­ogie is laat verlede jaar deur

Forbes.com uitgewys as een van nege megaVermy neigings wat die wêreld sal verander. Anders as in tradisione­le vervaardig­ing, waartydens voorwerpe uit materiaal soos metaal gesny word, bou 3D-drukkers voorwerpe deur lae materiaal op te bou. Dit laat toe vir baie meer komplekse, maatpas voorwerpe en minder vermorsing van materiaal. Tans word plastiek, metaal, vloeistoww­e, poeiers, sjokolade, beton en selfs menslike weefsel in 3D-drukkers aangewend.

NAVRAE: Webwerf: www.studio-h.co.za; e-pos: h@studio-h.co.za

BRONNE: https://goo.gl/wZWKVR; https:// goo.gl/pgtgfC

 ?? FOTO’S: ALIX-ROSE COWIE ?? Van “lelike” groente tot driedimens­ionele jellievorm­s met ’n hoë voedingswa­arde. Studio H is die maatskappy wat die eerste 3D-drukker in Suid-Afrika vervaardig.
FOTO’S: ALIX-ROSE COWIE Van “lelike” groente tot driedimens­ionele jellievorm­s met ’n hoë voedingswa­arde. Studio H is die maatskappy wat die eerste 3D-drukker in Suid-Afrika vervaardig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa