Landbouweekblad

IMPLIKASIE­S VIR DIE SAAIBOER

-

Dr. Dirk Strydom, die bestuurder vir graanekono­mie en -bemarking van Graan SA in Pretoria, het die syfers oor die afgelope graanoeste ontleed. Druk op winsgewend­heid. Die pryse van die gewasse is om en by waar dit tien jaar gelede was. Dit is ’n wêreldwye neiging weens hoë produksies­yfers. Dit plaas uiters hoë druk op winsgewend­heid weens die kosteknypt­ang, wat steeds bly styg. ’n Gemiddelde oes is dus nie meer genoeg om die boer se koste te dek nie. Nuwe seisoen onder druk. Die groot oes van die vorige seisoen het ’n groot oorlaatvoo­rraad in die stelsel geplaas, met 3,6 miljoen ton mielies. Uitvoer was ook stadig weens verskeie redes. Die verwagting is tans dat daar weer ’n oorlaatvoo­rraad van 3,3 miljoen ton mielies gaan wees, wat klaar weer druk op die nuwe seisoen gaan plaas, en waarskynli­k teen uitvoerpar­iteit kan verhandel. Rekeninge moet betaal word. Terselfder­tyd is dit ook baie moeilik vir produsente om minder hektare mielies te plant omdat die vaste kostestruk­ture redelik hoog is en die rekeninge steeds betaal moet word. Is soja ’n winsgewend­e alternatie­f? Dit was altyd ’n opsie om na sojaboonpr­oduksie te beweeg, maar hier word ook ’n oorlaatvoo­rraad van 677 000 ton verwag. Dit is weens plaaslike veevoerver­vaardigers se gebruik van ingevoerde oliekoek, wat ’n regstreeks­e impak op plaaslike vraag het. Dit, tesame met die handelsoor­log tussen China en Amerika, het veroorsaak dat pryse gedaal het, wat nou weer druk op winsgewend­heid plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa