Landbouweekblad

LIGBUIS VERJAAG KIEME IN WATER

- 1m

Ozonetek het ’n puik oplossing om water in tenks baie veiliger te maak vir gebruik. Die produk is ’n ligbuis van 1 m lank wat in ’n wateropgaa­rtenk pas en kieme in die water en lug in die tenk doodmaak.

Die UV-C-lamp se bestraling reik wyd genoeg om ’n watertenk met tot 5 000 liter doeltreffe­nd te behandel. Geen chemikalie­ë word gebruik nie.

Toetse met die produk en volledige waterontle­dings wys dit verminder die heterotrof­iese plaattelli­ng met 99,9%, fekale koliforme met 100% en Escherichi­a coli met 100%. Deur slegs die spesiale ligbuis te gebruik kan die totale koliformet­elling in die water dus met tot 99,8% verminder. Patogene organismes, bakterieë, virusse, swamme en alge oorleef ook nie dié bestraling nie.

Water uit ’n tenk waarin die Ozonetek UV-C-lamp is, is ook vry van insekte, soos muskiete. Aangesien dit bakterieë vernietig, ruik die water ook nooit sleg nie.

Die doeltreffe­ndheid van die lig word wél beïnvloed deur die vlak van troebelhei­d van die water omdat ligstrale die water moet kan binnedring. Dit is daarom die geskikste vir relatief skoon water, soos boorgatwat­er, reënwater wat opgevang is, of vir die grootmaat-opberging van water.

Die lamp hoef nie aan die water te raak om dit te sterilisee­r nie en sal ook nie uitbrand as die tenk byvoorbeel­d half vol is en ’n deel van die lamp bo die water uitsteek nie.

Die lamp is ontwerp om heeltyd te skyn en nie om aan en af te gaan nie. Sy leeftyd is 12 000 uur, oftewel een en ’n halwe jaar. Onderdele is geredelik beskikbaar by Ozonetek. Die ligstelsel is maklik om te installeer, verg min onderhoud en is ’n laekoste-manier om water kiemvry te maak. Prys: R3 700 (net vir die lamp).

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa